Vrydag, 31 Maart 2017

BKT se nuwe webtuiste!!!

Goeie dag BoereKosTwist besoeker, volger en aanhanger. Ek nooi jou uit om by die volgende skakel my verder te volg en vir die nuwe epos-diens in te teken.

https://www.annelienpienaar.co.za/

Die nuwe webtuiste bevat al die resepte wat op die blog is. Elke resep wat ons oordra word dan van die blog afgehaal totdat alles oorgdra is. Hoekom die verandering? My visie en missie is om my resepte vir almal beskikbaar te stel. Fone en tablette word deesdae meer as rekenaars gebruik en toenemend het ek gevind dat die blog nie gebruikers vriendelik is tov hierdie tegnologie.

Daarom die nuwe Annelien Pienaar Voedsel Konsultant webtuiste wat baie logies en gebruikers vriendelik opgestel is. Kom kuier asb ook saam by my FB groep Boerekos met 'n Twist waar ons daagliks kombuis kwellinge aanspreek.

Baie dankie dat jy BKT en Annelien Pienaar se resepte gebruik. Onthou, elke resep is deur myself getoets, en kan elke haakplek per navraag hanteer omdat ek dit self ook gemaak het.

Tonne sëen vir jou wat hier lees...mag ons verder Twist!

Vrydag, 17 Maart 2017

Papaja en Lendeskyf vinnige ete

Wie het tyd om vir ure in die kombuis te staan? Wel, hierdie gereg kan binne 30 minute op jou tafel wees en die Filistyne kan gesonde kos eet sonder enige preserveermiddels. As 'n reël in die Pienaar huishouding word daar weekliks 'n kilogram aartappels in sterk sout water gekook en dan in die yskas gehou om sodoende net te kan gryp en gebruik. Dus, waarvoor wag jy?

Porsies: 4

Bees lendeskyf
500 g ontbeende lendeskyf (sirloin)
5 e olyflolie
1/4 t komyn
1/4 t masala

Meng die olie en speserye saam. Vryf in die lende skyf in en laat rus vir ongeveer 10-30 minute, afhangende hoe taai of hoe sag die vleis is. Oornag is ook perfek vir taaier vleis.

Braai dan die vleis in voorverhitte pan met olyfolie vir 7 min aan beide kante vir medium gaar. Sout en peper na smaak. Laat vleis rus op snyplank terwyl die slaai berei word.

Aartappelskyfies
500 g baba aartappels, gaar
5 e olyf olie
1 e geelsout (resep op blog onder soute)

Meng al die bestanddele saam en plaas op bakplaat en bak by 180C vir 20 minute.

Slaai
200 g gemengde blaarslaai
200 g kersie tamaties
500 g papaja
100 g feta kaas
50 g uie ringe
50 g boontjie spruite

Rangskik bestanddele mooi in opdien bord.

Sous
1/2 k gewone joghurt
1/2 k room
1 suurlemoen wiggie se sap
sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en skep in mooi sous potjie...hierdie sous kan ook as doopsous vir die aartappels dien of as slaaisous. Raklewe van sous is 2 weke.

Bron: Annelien Pienaar. Hoop om jou eendag in een van my kook klasse te kan ontmoet. Lekker eet. epos: boerekostwist@gmail.com


Woensdag, 01 Maart 2017

Korrupte Metro Polisie en wat is jou reg!

Hierdie is my brief aan die Anti-Korrupsie eenheid:

To whom it may concern,

My reason for the letter is not to have infringement notices reduced or cleared, but to tell the story of how I have been victimized and mistreated by the Metro Police. I have already paid my Infringement notice of R500 that has been reduced from R2500 as stated on the duplicate.

On Saturday 25 February 2017, I drove on the R511 between Hartbeespoortdam and Diepsloot. I, Annelien Pienaar, xxxxxxxxxxxxx, had to over take a vehicle after it has stopped at a speed of 100km/h suddenly. I maneuvered my car to avoid an accident by moving into the opposite lane of oncoming traffic. At that stage there were no oncoming traffic and the chances of me going onto the dirt road at 100km/h was not safe to do so. So, I did cross solid lines.

When I was stopped the police officer came to my window and asked me why I have overtaken a vehicle and endangered oncoming traffic. I very politely explained to the officer what happened and I asked him, how he did not see what happened, because he saw me do the offende.  I handed my drivers license to the younger officer still asking me. “do you know what you have done?” So I say...I have explained what I have done and do take full responsibility for my actions: “Please give me the ticket, I need to go to work.” The older officer gets out of the vehicle and order me to get out of my vehicle he is going to arrest me, and put me in the van. So, I immediately started to doubt who they are and asked the officers to show me their ID documents, which they just ignored. The older officer said to me that I am not at liberty to ask or tell them to do anything because they are the law and I am under arrest.

I shut my window and phoned my husband desperately to ask him to come and assist. I also phoned the Hartbeespoortdam police station and they reacted immediately. Unfortunately the area where I were stopped, were remote and at least 25 min drive from my home and Hartbeespoort. So for at least 30 minutes I had to endure the older officer shouting, telling me to get out of my vehicle and also showing me a weapon with the words: “I will enforce the law”. At that stage I were wrecking my brain what is my rights as a road user? Well, I know that I can ask them to follow me to the nearest police station in an orderly manner. So, I opened my window and tell them I am going to drive to Erasmia station and they can arrest me there, because I don’t trust them to be legal or officers of the traffic law. The older officer yelled back at me that if I were to leave, they will use force and how can I not trust the law...he is the law! I then stated we must wait for my husband and the police, my husband can take my car and they can arrest me in front of him and the police and put me in the van. The officer started to get very angry with me and order the younger officer to remove me from my vehicle and the officer should drive my car. So, now I really get out of my mind scared. I say to the officer that it will be illegal for someone that is not on my insurance to drive my car and this will be seen as my car was stolen by the officer. I really tried to play for time for the police to arrive.

So I asked for the paperwork to be completed and my ID to be returned to me, because I saw how the officer put it into his pocket. The younger officer were less vocal and done everything as instructed by the older officer. While doing the paperwork, I took my chance to take photographs of the officers and they jumped (as per evidence) into the van to avoid being photographed. The older officer came back and said he has arranged extra manpower to assist him in arresting me. So in a few minutes time a lady officer in a Bantam bakkie and a civilian heavily armed stopped at the scène. She never spoke a word but was standing at a distance. The older officer keep on shouting at me...that he is the law and how stupid am I not to get out of my vehicle and even asked me if I am drunk...then I started laughing and cracked. I asked him directly how much will buy me my freedom? Because as he told me time and again...that I will not get bail until Monday. So he go to the back end of the van and knock on the door: "I will take a million rands but ten thousand will do it." The next moment we heard the sirens of the police and the younger officer throws the notice at me and told me.: “You can leave”. Got into the van and disappeared. The lady officer were sitting in her bakkie and I drove aside her and asked her, what her part is in all of this and how can I just be arrested without a warrant. She said that road users should comply and do as instructed. She did not interfere because it was not her jurisdiction.

Dear sir or madam reading this...clearly this whole event were premeditated. Even at the point where the car stopped in front of me...I think this is not per accident!

I have paid my dues...now we need to inspect these officers.

Kind regards from a law abiding citizen.

Annelien Pienaar.

Beste Pad verbruiker
Ek dink meeste van ons ken nie ons regte ten opsigte van situasies soos hierdie nie. Ek het van oraloor inligting ingewin en die saak is nou oorhandig aan die Anti-Fraud unit en ook ‘n advokaat wat spesialiseer in die soort van sake.

Wat moet jy doen as jy so iets teë kom? Indien dit soos in my geval ’n situasie is waar offisiere met net een voertuig langs die pad staan, is dit vir een rede en dit is om “omkoop” geld te ontvang. Dit is egter veilig om by 'n pad blokkade te stop. Ek het nog nie al die antwoorde nie...maar...dit is wat ek nou uitgevind het en dit sal jou dalk uit so ‘n traumatiese situasie red.

Jy het die reg om:
Met jou nood flikkerligte stadig tot by die naaste polisiekantoor te ry en aan te dui hul moet jou volg volg.
  • Iemand te bel en ook die polisie te ontbied.

Die Verkeersbeamptes mag:
Jou arresteer vir dronkenskap, gevaarlike en nalatige bestuurspraktyke soos heen en weer oor die pad sweef, oor ‘’n rooi lig ry of ‘’n stopstraat, sonder ‘n lasbrief.

Die Verkeersbeamptes mag nie:
Jou voertuig bestuur nie. Die nodige sleep voertuie moet gereël word en so verwyder word.
Met jou vir ure in die vangwa rondry nie. As jy gearresteer word moet jy dadelik na die naaste plek van aanhouding geneem word. Hulle mag nie met jou in die voertuig sit en wag nie.
‘n Manlike offisier mag nie vroulike motoriste deursoek nie, net ‘n vroue offisier mag, so ook andersom.

Nuttige Skakels om te gebruik:
1. Die AA padbystands diens: https://www.aa.co.za/services/technical-services/legal-advice/legal-questions/what-are-my-rights-when-stopped-by-a-traffic-officerij.html
2. Arrive Alive: https://www.arrivealive.co.za/Rules-on-the-Road

NB: Hou kop, haal diep asem, moenie terug skree nie, moenie wys jy is bang nie...en hou jou mense op speed dail te alle tye. Maak ook seker jy het sein. In my geval het ek nie gehad nie en vir een of ander onverklaarbare rede het ek daardie oggend my 3G modem in my sak gegooi...dit het my lewe gered om na daardie Stemmetjie te Luister.

Saterdag, 18 Februarie 2017

Gebakte Korslose Melktert

Ek bak my korslose melktert in vorms soos wat mens sou doen vir crème brulee of Crème caramel. Dit is mos nie 'n moet dat 'n melktert rond of reghoekig moet wees? Ek hou van iets oud 'n nuwe jassie gee...dus hierdie melktert in die foto het bietjie houding gekry! 

45 mℓ (3 e) botter, gesmelt
200 g (1 k) witsuiker
3 groot eiers, geskei

2 ml kremetart
140 g (1 k) koekmeel
5 mℓ (1 t) bakpoeier
1 ml sout
5 mℓ (1 t) vanielje geursel
1 liter (4 k) melk
15 mℓ (1 e) kaneelsuiker

Voor verhit oond na 180 grade C, sproei 'n 23cm ronde koekbord met kleefwerende sproei of verkieslik 'n ringkoekpan wat meer egalig bak. Ringkoekpan deursnit 26cm.

Verroom botter en suiker saam. Voeg eiergele een vir een by en klits elke keer tot lig en donsig. Ongeveer 5 minute voor die volgende eiergeel bygevoeg word. 

Sif koekmeel en bakpoeier saam en voeg by die eiergeel mengsel. Meng deeglik. Die mengsel sal redelik dik wees. Meng melk en vanielje by die meel beslag en klits goed deur. 

Was klitsers skoon en klits eierwitte met kremetart styf en vou in by mengsel met 'n ballon klitser.

Bak die melktert eers vir 20 min by 170
en verlaag temp na 150 en bak verdere 35 - 45 min. Toets die melktert deur 'n toetspen in die middel te steek en as dit skoon uit kom is dit gaar. Moenie kommer as die beslag baie jellierig en bewerig lyk...dit moet so wees. Maar dit moenie loperig wees nie. Toets altyd in die middel van die tert.

Die melktert moet in die pan afkoel voordat dit uitgekeer word. Sprinkel met kaneelsuiker om ‘’n stropie te vorm.

Bron: Cindy Carelse (foto), getoets deur Annelien Pienaar, 2016.

Hoeveelheid: 6 porsies

Maandag, 30 Januarie 2017

Roosblaar konfyt / stroop

Hierdie resep kan tweeledig gebruik word. Die eerste opsie is daarom soos ‘n stroop te berei sonder pektien. Die eindproduk gaan loperig, amper stroperig voorkom. Die tweede opsie is om jou eie tuisgemaakte appel pektien by te voeg sodoende ’n meer jellierige eindproduk te kry. Verder moet die stroop ook die geur van roos bevat en daarom as jy nie roosblare in die hande kan kry wat heerlik ruik nie, kan jy die geur inbring deur bietjie rooswater by die mengsel wat kook te voeg. Onthou hoe donkerder die rose hoe meer kleur...ek het onlangs wit blare gebruik en bietjie kappertjie blomme bygesit en as bo laag vir kaaskoek gebruik. Was amper feetjie mooi gewees. So speel met eetbare blommetjies. 

Kortom: die eindproduk sal nie nadelig beïnvloed word as jy die rooswater of pektien uithaal nie. Die keuse bly joune watter konsistensie (dikte) die eindproduk moet wees. So...kom ons begin.

500 g (2 ½ k) witsuiker
500 g (2 k) water
200 g (5 k ongeveer) roosblare met sterk geur, goed gespoel
¼ t (1 mℓ) rooswater (opsioneel as rose sterk reuk het, is dit nie nodig nie)
30 mℓ (2 e) vars suurlemoensap
*125 mℓ tuisgemaakte pektien (opsioneel indien jy net stroop wil maak)

*sien les by volgende skakel om Appel pektien te kook..Baie maklik en vinnig en kan gevries word: http://boerekostwist.blogspot.co.za/2016/03/tuisgemaakte-pektien.html

Nee ongeveer 150 g (¾ k) suiker en voeg dit by die blare. Vryf baie liggies met jou vinger punte die korrels van die suiker teen die blare, sodoende die geure en kleure te ontsluit. Die blare sal effens gekneus lyk en dit is die doel.

Verhit die water en giet oor blare. Dreineer die vog wat afkom en plaas terug in kastrol en hou blare eenkant. Verhit die rooswater en voeg die res van die suiker saam en roer totdat die suiker kristalle opgelos het. Was die kante van die kastrol met skoon water af. Die mengsel mag nog nie kook nie. Sodra al die kristalle opgelos is kook die stroop vir 5 minute en voeg dan die roosblare by. Kook die mengsel vir 30 minute.

Na 30 minute sal jy merk dat die roosblare nie meer bo dryf nie en eweredig versprei...hull krimp. Voeg dan die suurlemoensap, rooswater en pektien by. Kook weer vir 5 minute.

Bottel in steriele skoon warm bottels en seel dadelik. Draai die bottels op hul koppe sodat waterdamp op die einde eweredig kan versprei en skimmel voorkom wat op die oppervlakte kan vorm voorkom.

Geniet met skons, roomys, gewone yoghurt, vla, stoop oor koeke, kaaskoek...die lys hou nie op nie.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenberggeustfarm.co.za

Hoeveelheid: 450 mℓ konfyt.

Saterdag, 28 Januarie 2017

Italian meringue botterversiersel

Hierdie versiersel neem bietjie tyd en tegniek. Moenie kommer, sodra jy hierdie resep een keer deur gewerk het, sal dit kinder speletjies wees die tweede keer. Hierdie is die perfekte versiersel vir warm dae as jy koek moet maak wat vervoer moet word of selfs vir tuis en die koek nie in die yskas wil stoor nie. Hierdie versiersel smelt nie!

Kom ons begin. Onthou jy kan maklik brand, so indien jy nie 'n staanmenger het nie en met 'n handmenger klits, kry iemand wat kan help om die kastrol vas te hou. Belê in 'n suiker termometer sodat jy akkuraat kan werk. 

200 g (1 k) witsuiker
125 mℓ (½ k) water
5 medium eierwitte
50 g (¼ k) witsuiker - vir meringue
230 g (1 k) botter, klein blokkies van 2cm x 2cm
5 ml geurmiddel van keuse

Smelt die 200 g (1 k) witsuiker met water en kook tot 118 ˚C. MOENIE die mengsel roer nie, skud net die kastrol!

Sodra die stroop 110 ˚C bereik, begin die eierwitte klits tot sagte punt stadium en voeg die 50 g (¼ k) witsuiker by en klits verder tot styf.

Sodra die suiker stroop 115 ˚ C bereik, haal van hitte af en kontrolleer die temp om nie oor 118 ˚ C te gaan nie. Plaas die kastrol in koue kraanwater as dit 118 ˚ C bereik het om te verhoed dat die suikerstroop brand.

Voeg die stroop in ’n dun straaltjie by die meringue terwyl die menger aan is. Die menger se stelling moet op medium wees. Voeg laaste geursel en kleurmiddel by.

Klits die mengsel vir 20 minute totdat dit koeler as kamertemperatuur is. Voeg dan die botter klontjie vir klontjie by, die mengsel sal lyk of dit skif, hou net aan dit sal weer glad word.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 48 cupcakes en 2 groot koeke

Sondag, 22 Januarie 2017

Halva

Die eerste keer toe ek Halva eet kon ek nie mooi my brein om die smaak en tekstuur kry nie. Dit was iets wat ek nog nooit geëet het nie en tog absoluut verslawend. Dit het 'n fudge tekstuur met die smaak van sesame saad. Jy kan self die tahini maak deur sesam saad te rooster en dan self te maal. Ek het een met heuning en kaneel geproe en iewers het die smaak van sitrus sterk deurgekom.

Hierdie resep wat ek gee is ‘n basiese resep en jy kan regtig met die geure speel in die vorm van fyngemaalde speserye en geurmiddels. Jy kan die pasta wat jy maak in vorms druk, in 'n pan uitgooi en vormpies druk of net in blokkies sny. Lekker speel en geniet die reis.

400 g witsuiker
50 g glukose stroop
125 mℓ (½ k) water
2.5 mℓ (½ t) fyn kaneel
15 mℓ (1 e) fyn suurlemoenskil
1 ½ k tahini
5 ml vanielje geursel of 1 peul geskraap
2.5 mℓ (½ t) sout

Voer ’n bakplaat van ongeveer 20cm x 20cm uit met bakpapier en spuit goed.

Voeg die suiker, glukose stroop,  water en suurlemoenskil in kastrol en roer oor medium hitte en bly roer totdat die suiker opgelos het. Laat die mengsel kook sonder om te roer totdat dit 120 meet op ‘n suiker termometer.

Plaas die tahini, vanielje en sout in ‘n mengbak van ‘n staan klitser en klits om romerig te word op medium spoed en ho aan klits. Voeg die warm stroop in ‘n baie dun straaltjie by die bewegende lem en hou so aan totdat al die stroop in geklits is. Oppas, om te brand. Meng die mengsel vir ’n minuut totdat jy sien dit trek los van die kante van die mengbak. As jy te veel klits maak jy sandsuiker...sou hou die mengsel baie, baie mooi dop.

Skep die mengsel dadelik in die voorbereide pan en druk plat. Laat goed afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit sny.

Stoor in lugdigte houer.

Variasie:
1.      Vervang ½ k suiker met ½ k heuning.
2.      Voeg 1 k warm  nuete by voordat jy uitskep.
3.      Kardamom fyngemaal is heerlik saam met hierdie resep

Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 40 blokkies 

Donderdag, 19 Januarie 2017

Tuistafel deur Errieda du Toit

So kom die dag in Desember 2016 en die lang verwagte boek van Errieda du Toit op my voorstoep afgelewer word! Maar tyd vir Tuistafel die resepte boek lees was daar nie gewees en so bêre ek die boek vir my af dag. Die af dag kom nie, die boek is nog netso geseël in die pakkie. Ek het myself die bederf van my lewe beloof en dit is om vir een hele dag lank net te sit...tee te drink, koek te eet en boek te lees. So kom Januarie en boek se kind het verdwyn...

Ek soek die hele huis deur maar min dring dit tot my deur ek moet dalk net begin vra of iemand nie die pakkie gesien het nie. My man glimlag skaam en vertel dat sussie die pakkie beet gekry het. Hy maan my om nie met sussie te raas nie, maar eerder te vra of sy nie dalk vir my haar nuwe “storie boek” wil kom wys nie. Kyk, ek frons toe woes! Hoe nou?

Slaaptyd kom en ek sit by sus in die kamer. Ek op die wiegstoel en wipneus onder die komberse. Ek vra haar na haar nuwe “storie boek” en sy spring kiertsregop en met groot ogies vra sy of ek kwaad is. Ek lag en verseker vir haar daar is nie moeilikheid nie. Sy haal so ewe die boek heel onder in haar kas uit die boeties se albaster bak uit. Let wel...die albasters was ook weg...nou is dit gevind! Sy bring die boek vir my en ek vra haar watter soort storie boek dink sy is dit. “Mammie, vir die kinders wat hou van kos...soos met Winnie the Pooh en Rabbit...mammie, kyk die wortels!” Ek wil huil so mooi en raak is haar beskrywing van Errieda se boek. So lees ons nog gereeld saans uit tannie Errieda se boek. Sy het na die pragtige sketse van Roelien Booysen gekyk en aangeneem dit is vir kinders...maar vir hierdie mamma is dit ook mooi...maar op ‘n inspirerende vlak.

Die sketse nooi jou uit om die een na die ander bladsy om te blaai en na nog ‘n juweeltjie te soek. Ons twee het tannie Errieda se Rysvlokkiekoekies gebak en genade ek moes die belustigheid intoom hou...dit is lekkerder as lekker.

Dankie, Errieda vir die pragtige boek met al sy mooi verhale. Die uitbeeld van kos waarmee jy grootgeword het en teer oomblikke met geliefdes. Tuistafel is reeds tuis in die Pienaar huis en sal vir jare nog uit hom kook. Die resepte is prakties, keurig en vol verassings met wonderlike kombinasies van geure. Voorwaar ‘n boek om in jou versameling te hê...

Ps: Ek is gek oor die voorblad!


Groete Annelien Pienaar!

Maandag, 16 Januarie 2017

Toor met Hoender deur Karen Hart

Toor met Hoender...die titel sê sommer als! Karen Hart is die redakteur van Kuier tydskrif en uit haar pen het vele resepte al gevloei. Ek dink die feit dat Karen haar resepte deel sonder voorbehoud en dit as nalatenskap beskou...maak haar ’n ongelooflike mens. Die volgende woorde haal ek aan van Karen sodat julle ‘n kykie in die siel van Toorkombuis kan kry: Iemand vra my waarom deel ek my resepte. Ek het nie kinders nie, dis my nalatenskap dié.”


Die resepte in hierdie boek bevat rand-rekker-idees en vir die huisgesin uiters prakties en ekonomies. Die gebruik van kruie en speserye het my opgeval en dit is keurig in elke dis ingewerk om die beste uit die hoender te kry. Ek is baie opgewonde oor al die kinkels en toor gedagtes wat in elke resep ingewerk is en voor waar ’n fees vir die tuis kok. Verder is daar vir die tuis kok aangedui hoe lank die disse neem om voor te berei en wat vir my as mamma en werkende vrou sommer baie struikelblokke uit die pad gaan skuif.

Hoender Kiep teen die koue is ‘n resep in Toor met Hoender wat dadelik my oog getref het en besef het dat hierdie dis paar wonderlike variasies kan kry. Daarvoor kan julle die boek aanskaf om te sien watter oulike wenke Karen bygesit het. Ek het my eie kinkel ingebring waar ek my dis in die Prut pot gemaak het. Binne 4 ure was die kos op die tafel. Die resepte het elkeen so 'n mooi beskrywende naam...ek het geval vir die vars gemmer in Hoender Kiep teen die koue!


Hoender Kiep teen die koue
2 e olyfolie
2 e botter
3 groot uie, gekap
250 g sampioene, in kwarte (Annelien se kinkel)
3 groot knoffeltoontjies, gekneus en gekap
1 rooi brandrissie, pitjies en naatjies verwyder
en fyngekap
3 cm vars gemmer, geskil en fyngekap
16 hoenderstukke
3 e sjerrie
3 t matige kerriepoeier (gaan loer op bl. 20 hoe
om jou eie te maak)
’n hand vol vars kerrieblare (opsioneel)
’n hand vol sultanas
13 gedroogde appelkose, gesnipper
7 dadels, ontpit en gesnipper
1 k hoenderaftreksel (sien bl. 22)
sout en varsgemaalde swartpeper
’n hand vol gekapte koljanderblare

Verhit die olie en botter in ’n swaarboompot en braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel, brandrissie en gemmer by en braai vir nog ’n paar minute.

Voeg die hoenderstukke in sarsies by en braai almal alkant goudbruin.

Gooi die sjerrie by en sprinkel die kerriepoeier en -blare oor. Roer goed en voeg die vrugte en hoenderaftreksel by. Maak dig toe en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 40 minute tot die hoender begin sag word. Annelien se kinkel: plaas dan al die bestanddele behalwe koljander blare in die Prutpot en laat kook vir 3-4 ure. Roer dan koljander blare by en bedien.

Geur na smaak, strooi die koljanderblare oor en laat prut vir nog 20 minute. Die sous moenie afkook nie, anders sal die geure te sterk wees.

Skep die hoenderstukke met ’n gaatjieslepel op ’n opdienbord. Skep ’n klein bietjie sous oor die hoender en bedien die res apart.

Bron: Karen Hart, Toor met Hoender, 2017, Uitgewer: Human en Rosseau.
Porsies:8 persone

Donderdag, 05 Januarie 2017

Cous-cous en Botterskorsie slaai

Cous-cous is my noodhulp vir 'n situasie wat kits slaai benodig. Ek noem dit my alles-in-een slaai: stysel, groente, olie en neute. My kinders is dol oor die slaai en ek pak gereeld vir hulle kosblikke vir na skool met sport en aktiwiteite. Gesond en heilsaam.

1 ½ k cous-cous
3 e olyfolie
1 k kook water
1 t geelsout (resep op blog) of enige ander gegeurde sout
1 t fyn knoffel
1 t vars gemaalde swart peper
400 g gaar botterskorsie blokkies
200 g feta kaas
1 k kersie tamaties
5 basillie blare
3 e olyfolie
3 e balsamiese asyn

Plaas cous-cous in ’n bak en roer die olyfolie, knoffel en geelsout by. Voeg die koppie kookwater by en roer goed deur. Bedek met kleefplastiek en laat eenkant staan vir 5 minute. Roer goed deur sodat vlokkies skei.

Voeg die res van die bestanddele by mekaar en roer goed. Voeg dan by die cous-cous en roer goed deur. Bedien louwarm of koud.

Heerlik om te laat vir die volgende dag. Kan bedien word met een van die slaaisouse in ons sous argiewe. Die yoghurt sous is heerlik.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 6 porsies


Woensdag, 04 Januarie 2017

Heel- of fyn Vye konfyt

Die resep is geskik vir vye wat begin sag word tot baie sagte vye. Jy kan met hierdie resep heel halwes en heel vye kook of fyn vyekonfyt. Al wat ek wel voorstel vir die kook van die fyn vye is daarom vooraf fyn te maal. Jy kan dit sommer met die voedselverwerker fynmaak of grof kap met die hand. Verder word alles op dieselfde manier gekook.

1 kg vye, skoongemaak en gesny na keuse
800 g witsuiker, lou gehou in die oond...dit help die suiker vinniger oplos
2 k warm water
1 t sitroensuur of 4 e suurlemoensap, vars gedruk
1 gemmer toontjie, geskil en in dun skyfies gesny
1 vyeblaar

Maak die vye vooraf skoon en sny soos verlang.

Plaas water in diep kastrol en voeg verhitte suiker by. Roer die suiker oor baie lae hitte sodat die suiker kristalle kan oplos. Maak baie seker die kante van die kastrol het geen suiker kristalle op nie. Jy kan die deksel van die kastrol opsit sodat die stoom in die kastrol die suiker laat oplos vir ongeveer 5 min. Of jy kan met ‘n kwassie wat in water gedoop is die kante van die kastrol afwas. Maar baie belangrik dat die mengsel nie mag kook voordat die suiker opgelos het nie.

Plaas die vyeblaar en gemmer in die kokende water. Voeg dan die vye handjie vol op ‘n slag by sonder dat die stroop ophou kook. Hou so aan totdat al die vye in is. Kook dan die vye op ’n hoë hitte. Terwyl die vye kook skep die skuim af, sonder om stroop saam te skep met ‘n soplepel. Die vrugte sal deurskynend word as dit reg is vir bottel...verder sal die stroop ook aansienlik minder word. Sodra jy merk dat die stroop soos melk wil begin borrels maak en lyk of dit rollend kook voeg dadelik die suur by en roer goed deur.

Haal kastrol van hitte af en laat 5 minute staan om af te koel. Bottel in warm gesteriliseerde flesse en seël dadelik. Die staan van die vye voordat dit gebottel word, voorkom dat vrugte styg. Draai die bottels op hul deksels en laat so afkoel. Die rede vir die omdraai is: daar vorm damp wanneer die produk afkoel. Hierdie damp is vog waarin mikroörganismes maklik kan groei. Sodra jy die bottel wel omdraai as dit afgekoel het, sal die water deur osmose met die suiker oplos en eweredig versprei. Jy sal nooit weer ’n groen skilletjie op jou produk kry as jy oopmaak.

Bron: Annelien Pienaar se BKT Toetskombuis, 2017, www.bosenbergguestfarm.co.za
Resep toetser: Hanru Pienaar

Hoeveelheid: 4 x 375ml botteltjies

Dinsdag, 03 Januarie 2017

Lae Vet Yoghurt slaaisous / doopsous

 Hierdie reseppie is uiters ekonomies en hou vir 4 weke in die yskas. Dit word met vetvrye yoghurt en lae vet maynnaise gemaak. Heerlik as slaaisous of as doopsous. Die vars smaak van suurlemoenskil kom heerlik deur.

Dankie aan Keramiek kunstenaar Diana Ferreira vir haar ongelooflike mooi bakkies! Besoek haar by Facebook om meer te sien van haar handewerk.

250 ml (1 k) vet vrye yoghurt
30 ml (2 e) lae vet mayonnaise
125 ml (1/2 k) lae vet melk
30 ml (2 e) gerasperde suurlemoenskil
30 ml (2 e) dill tippies
sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en stoor in lugdigte houer.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 350 ml ongeveer