Sondag, 28 Augustus 2016

Visvang ekskursies is nie vir sissies

 
 Geseënd is ek voorwaar. Drie wonderlike, welgeskape kinders in soveel opsigte. Persoonlikhede verskil soos dag by nag en so ook belangstellings. Ouboet is vreeslik ingestel op feite en lees baie wyd. Op die gebied van sport verkies hy ‘’n individuele sport i.p.v. ‘’n span sport. So sy keuse van sport is swem. Die middelste filistyn is weer een wat verkies om buite te wees en alle sport soorte onder die son te toets. Een wat ons nooit eens aan gedink het, was visvang. Die probleem is dat ons as ouers se opvatting van visvang nie ‘’n baie positiewe prentjie was nie. In ons dae was dit net “damduikers” met boep pense en bierblikke wat gaan visvang het om die dam. Regtig, nie ’n rooskleurige prentjie nie.

Daar kom die geleentheid by die skool vir die kinders om by ’n nuwe sport betrokke te raak. Wat besluit die kind, hy gaan ook visvang saam met die maters. Ek en my man het mekaar net so gekyk en gedink, hierdie gaan hopelik ’n stil dood sterf, want hierdie rooikop gevaarte van ons is nie mal oor vroeg opstaan nie. Gerat met ’n gehawende visstok wat die buurman vir ons leen gaan pappa en boeta na die eerste vergadering en sogenaamde klassie. Terug by die huis straal die knaap want hy het baie visse gevang. Goed, ons sal sien hoe lank dit hou. Wel, dit hou nog en hier begin die reis saam met sy provinsiale span. Ons was op ’n vlak waar die visvang by die skool net gegaan het oor wie se pappa die beste sy kind kan help om vis te ving...ja, ek dink ons as ouers is almal al deur die stryd.

Hier sit ek met die kind wat boeke verslind rakende vis spesies, knope en verskeie baie interessanthede. My kind wat nie wou lees nie, lees nou boeke wat in Engels is en my mond hang oop oor sy kennis. Ons besef die kind het talent en die skool ding werk nie, want die kinders kry nie die opleiding wat adverteer is nie. Op
’n dag ry ons Krugersdorp toe en verdwaal in ’n stegie en sonder dat ons visgerei gesoek het sien die rooikop die winkeltjie met vis goed in ’n baie swak gedeelte van die dorp. Ons stop en ek sien die lamlendige veiligheidshek en druk die knoppie en ons gaan in. Looks can be deceiving! Hierdie “gehawende” geboutjie huisves alle visvang dissiplines wat net van gedroom word. Daar is drie verdiepings met visgerei...’n Visserman se droom!

Vas sti is nie vir sissies!
Daar het die reis begin vir my kind. Ons ontmoet die voorsitter van die Sentraal Noordwes Vishengel span per toeval. Die man hoor hoe ek en die kind redeneer oor sy ram wat hy verkoop het se geld en die feit dat ek nie sal toelaat dat hy dit spandeer soos in die verlede. Hy moet kundige advies kry oor wat hy regtig nodig, want ek voel hy moet van die begin die regte belegging maak. Die man kom aangestap en stel hom net as Pieter voor en ek sien die vader wat praat in hom. Hy neem ons deur die winkel en verduidelik wat gaan vir wat en waar om eerste te begin. Ek maak lysies en neem kort video’s oor wat die man praat. Die man se passie is so begeesterend dit is ongelooflik. Hy nooi ons uit na ’n werkswinkel vir drie dae in die skool vakansie en stel voor ons koop nou niks. Hy sal ons help op die vakansie opleidingsessie. Die koeël is deur die kerk. Daardie volgende vakansie kry die kind die opleiding wat enige visserman oor kan droom. Supercast se manne kom help. Die span is ongelooflik georganiseerd en groot name in die hengel industrie kom maak die maters touwys. My kind blom, die inligting word in sy eie skrif neergepen en nie lank nie of hy kry span om vir die Penkoppe te vis. Die nasionale kompetisie is om die draai en die knapie oefen dat dit klap. Desember is dit SA’s.
Hey Dude!!! Al weer!!!

Die naweek is mamma en seun naweek, pappa is met die oudste filistyn en sussie met ander verpligtinge besig en die punte waar almal moet wees, vêr uitmekaar. Mamma reël die ander filistyne se akkommodasie en vergeet om akkommodasie in Oranjeville by die Vaaldam te reël en ons moet toe maar van Skeerpoort direk ry. Twee uur Saterdagoggend pak ons die bakkie en vat die lang pad. Dit is die eerste keer dat ek alleen so vêr in die nag ry en is maar skrikkerig. Pappa het ons op sy Tracker via satelliet en sien ons waar ons ry. Ons klim op die N3 en die bakkie se groot wiele sing op die teer. By Heidelberg begin die mistigheid, dit is baie erg, ek volg die karre se liggies. Ons bereik Villiers en die tannie met die stemmetjie sê ons moet nog verby. Ek luister natuurlik sonder om te dink en ons ry. By die volgende Villiers bord draai ons af. Ons ry, in ’n stadium verloor ons sein en bid, bid ry ek en pluk toe maar die padkaart uit.

By die volgende bordjie draai ek af op ’n baie lang grondpad, die mis is nou so erg dat jy skaars 2 meter voor jou kan sien! Ons ry stadig aan 25km grondpad. Ons kom weer op ‘’n teerpad uit wat Villiers regs wys en Oranjeville links. Ek besef toe die GPS was verkeerd, ek is tans op die pad wat ek eers moes gevat het. Ons ry soos die GPS punt wys. Ons kom by die punt aan en daar is geen pad van ‘’n dag oud nie. Ek sit moedeloos in die digte mis en donker nag en copy en paste maar weer die koördinate. Dit toon aan dat ek nog 77km het om te gaan en dit is aan die ander kant van die dam waar ek moet wees. Ek sit met ’n sinkende hart want, ek wou voor die tyd by die plek wees sodat iemand ons kan wys hoe om stroppe te maak.

So met die hart wat klop in die keel kom daar ‘’n voertuig stadig aangery en stop langs ons. ’n Luukse sedan en toe ek vinnig loer sien ek die man het ‘’n klompie visstokke langs sy sitplek en weet die persoon sal ons nie skade doen. Die man vra of ons reg is en ek vra hom of hy weet waar Moolman se visvang plek is. Hy sê dit is net paar meter terug aan die regterkant van die pad en die plek is op ‘’n boer se plaas. Ek dink by myself dat die GPS vervang moet word want ek gaan nie weer in sirkels ry nie. Ons draai om en volg die man. Ry deur die plaas hek en kom onder by die krale aan waar die hoofhek na die dam gesluit is. Ons sit so ’n paar minute en wag en Pieter, die groot indoena van S.NW. kom sluit oop en ry voor. Ons is nog steeds gehul in digte mis en jy kan nie enige bakens op die pad, of selfs paadjies sien nie, jy volg maar die manne.

In ’n stadium vang ons spoed en ry vinniger, ek voel aan die stuurwiel dat die pad meer sanderig word en draai die venster af om na die grond te kyk. So tussen die misbolle deur, voel dit of my oë my bedrieg, want dit lyk soos ’n moeras gebied en die vis karkasse lê oral gestrooi. Ek maak die rooikop wakker en vra hom of ek reg sien. Ek begin stadiger te ry in die konfooi van 4 voertuie waarvan ek heel agter is. My kennis van plaaslewe het my paar goed al geleer, as jy dik sand kry, ry met respek, as die sand begin nat word, is jy in ‘’n vlei. Ek begin nog stadiger te ry en my instink vertel my dat iets nie pluis is!

Die volgende oomblik speel soos ‘’n fliek voor my af, ewe skielik is daar ’n helder kol waar daar nie mistigheid is nie. Die voorste voertuig tref die water op ’n redelike vinnige spoed en dit lyk soos ‘n mini Tsunami golf wat oor die Landcruiser trek. Ek besef nie mooi wat aangaan. Ek stop dadelik en gooi lig op die probleem. Ek klim uit en tot in my enkels in water. Ek spring terug en weet ek moet nou dadelik uit die moeras. Trek agtertoe totdat ek ’n droë kol kry en klim uit en gaan vra of ek kan help. Die man met die luukse voertuig jaag soos ’n ridder op sy swart perd weg, spoorloos, en ons drie 4x4 voertuie staan met ons ligte na mekaar. By nadere ondersoek het Pieter in die Vaaldam ingery! Die sleepwa se gewig trek die agterwiele in die modder in en die bakkie lê op sy as vas.

Die tweede voertuig is ook ’n Landcruiser en so begin die tog om die ander Landcruiser uit te trek. Binne ’n japtrap is die Cruiser uit en ons beweeg versigtig. Wat ons toe nie besef nie, ons is letterlik in die maag van ’n kom en Pieter ry wraggies weer in die laaste been van die kom in, sit weer vas. So besef ek net hoe gevaarlik digte mis kan wees. Ek hou my afstand en bly verkieslik op die enigste klein stukkie droë grond. Ek klim uit om te voet te kyk hoe die terrein daarna uitsien. Ek besluit om die bekwame manne uit te los en self hoër op te karring tot ek iewers ’n teken van ’n pad sien. Na wat ’n ewigheid gevoel het, is ons op beter terrein en vind ’n pad. Klim uit en kyk na die spore en sien dit gaan in ’n noordelike rigting, stadig maar seker ry ons totdat ons by Moolman se gat kom en die ander mense kry.

Ons dag begin in aller yl en die spanne word ingedeel. Die kinders pak hul goedjies uit en die nodige aas word aangemaak. Ek skink tee vir ons twee en so in die koue sit ons tweetjies lag oor al die stres vanoggend. Vinnig help rooikop se spanmaat vir die dag, Tertius, hom om ‘’n paar stroppe te maak en nie lank nie of die twee knape kuier soos ou vriende. Die dag verloop lekker rustig en die mis verdwyn teen tienuur. Maar nou kom daar net een probleem...moeder het ’n piepie groter as die Vaaldam en geen toilet insig. Nie ’n bossie of ’n boom insig nie. Nee, niks! Wat de hel nou? Die dorp is seker so 45km vêr en die ergste is ek gaan nie dit maak om so vêr te ry nie. Heel benoud trippel ek rond en diskreet begin ek die dames vra of hulle wis van ’n plekkie? Hulle lag so dat die trane loop. Die eerste dame vra my of dit my eerste keer hier is...wel, hulle het my natuurlik na die tyd lekker verpes. My inisiasie as nuwe toe treder moeder tot visvang is ingewy. Eenkant in ’n tent met ‘n draagbare toilet vir die dames en...wel...ek was vreeslik dankbaar oor daardie primitiewe en effektiewe bostoilet!

Met daardie krisis uit die weggeruim kom ek terug by die twee vissermanne en ek kan duidelik sien die rooikop se moer meter is deur die dak. As sy lippe so dun opmekaar gedruk is, weet ek hier is moleste. Ek het nie lank om te wonder wat die storie is nie. Die een groot geheim van visvang is die feit dat jy so reguit en sekuur as moontlik moet gooi. Maar eish...die knapie langsaan het nie ’n idee van cast. Hy gooi so skeef dat 6 lyne op ’n slag gekoek word. So hou dit aan vir ’n paar uur, nie een keer kom die man om sy gemors met die ander vissermanne reg te maak. Die kind het die koddigste lyfie en ’n attitude wat stink. Hy hengel op sy eie en blykbaar was die pa besig om by die seniors sy eie kompetisie te vang...seker maak gedink hy kan ons kom pla as wat dit sy probleem gaan wees. Dit het soos ’n Leon Schuster fliek gevoel, elke keer as rooikop en sy maat hul nuwe lyne gelaai het in ingegooi het, doen die knaap mos ook so. Dit is asof die kinders se merkers waar hul ingooi, vir hom ’n magiese aantrekkingskrag het. Hy gooi mooi dwars oor hul lyne. Dan sien hy die kinders kyk hom skeef aan en dan doen hy nog die ergste, hy trek weer sylyn uit en trek hul goed saam. Do het dit aangehou en aangehou, totdat die een senior seun besluit het, tot hier toe en nie vêrder nie!

Hy het die kind se lyne gesny en sy stokke konfiskeer. Hom opdrag gegee met die verduideliking in boere Engels: “This is not on man, you are going to get klapped so hard, you will cry for your mother!” Die kind het onder toesig kolgooi geoefen.

Die knaap staan kop onderstebo en die junior vat sy stokke en laat hom langs hom staan en hy moet kolgooi oefen. Dit is vir my die mooi van die sport, daar is nie die hengse wen motief soos met rugby nie, almal help almal. Daarna het die kinders so ’n uur nog lekker vis getrek en ons het nog ’n klas of twee tussendeur gehad.


Soos die Ingelsman sou sê: “I am hooked!”

Donderdag, 25 Augustus 2016

Tamatiesmoor / Sheba / Chakalaka

Een van die veelsydigste souse in my versameling geblikte produkte op my spensrakke. Hierdie sousie kan vir soveel disse aangewend word. Vir pasta as ’n gladde of growwe sous, hier kan jy besluit of jy die sous wil puree of grof hou. Dan vir papterte of sommer gewone putu pap is dit ook perfek. Dink aan frikkadelle met hierdie heerlike sousie oor of sommer net so oor Franse roosterbrood vir ontbyt. Die lys hou net eenvoudig nie op nie!

Blansjeer: Sny kruisies op tamatie se boudjies en plaas tamaties in kokende water vir 3 minute, dompel dadelik in koue water en trek skilletjies af.

2 kg rooi, ryp tamaties, blansjeer (skil verwyder)
1 kg ui, gekap
1 bossie selderystingels, gekap
5 soetrissies, ontpit, gekap (Green peppers)
1 rooi rissie, ontpit, gekap
l ℓ (4 k) witasyn
1 kg (5 k) witsuiker
15 mℓ (1 e) vars gemmer, gerasper
45 mℓ (3 e) mielieblom
100 mℓ water
45ml (3 e) mosterdpoeier
30ml (2 e) fyn, knoffel
15ml (1 e) gegeurde sout (sien afdeling op blog)
peper na smaak

Kook asyn en suiker saam totdat die suiker opgelos het. Voeg die tamatie, uie, soetrissie, rissie en seldery by en kook vir 30 minute sodat die uie kan sag word.

Maak al die bestanddele wat oorgebly het met water aan en roer by die kokende tamatie mengsel. Kook vir 15 minute tot verdik en geur met ekstra sout en peper na smaak.

Bottel dadelik in warm gesteriliseerde glas houers.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Preservering klasse: www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 4.5kg 

Sop en Bredie Kruiesout

Daar is niks wat kom by die geur van sop, maar om daardie sop ekstra spesiaal te maak gebruik ek hierdie kruie en speserye kombinasie. Dink aan 'n stukkie braaivleis wat ingevryf is met hierdie sout en ekstra olyfolie of 'n bredie met so 'n skeutjie by? Hierdie mengsel maak ook ’n pragtige geskenk vir kuiergaste!

100 mℓ Selderysout
50 mℓ Neutmuskaat
50 mℓ Rissie poeier
50 mℓ Knoffelpoeier
200 mℓ Gedroogde Origanum
50 mℓ Uie poeier
100 mℓ Sagte bruinsuiker
50 mℓ Vars gemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam en stoor in lugdigte houer weg van direkte sonlig.

Gebruike
Sop: 15 mℓ mengsel per liter
Bredies: 15-30 mℓ per kg vleis
Braaivleis snitte: gebruik soutpotjie en skud sout oor vleis (voeg ook dan vir die resep 50 ml gerookte paprika by)

Bron: Annelien Pienaar, 2016, kookklasse: www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 500ml sout


Saterdag, 20 Augustus 2016

Die Begrafnis en die Sykouse....

Ek nou maar een maal ‘n tradisie vaste vrou as dit by kerk dinge kom. Ek trek nog sykouse aan in die winter met netjiese skoentjies. My boesems word netjies verdoesel en peul nie uit in die kerk. My rok lengte is van ‘n aanvaarbare lengte. Dus, klassiek en eentonig. Vir begrafnisse is dit swart en wit want vir my is dit die kleur van rou. Dit is maar hoe dit met my werk.

Die betrokke dag is dit die begrafnis van ‘n vriendin wat met haar lewe moes betaal teen rowers. Ek het tien duisend takies om af te handel voordat ek vertrek na die diens. Tussen bad en hare soek ek klere. Kry my pakkie klere reg, skoene en kouse. Die pakkie is ‘n rokkie wat tot op die knie hang en ‘n snyers bloesie onder aan. Klaar die hare en dingetjies gedoen en trek aan. Laaste die sykouse en skoene. Tyd staan nie stil en ek moet nog die seuns gaan oplaai vir die diens. Dit is weer ‘n ander kommer want jy moet stap en uitteken. Goed, so speel die dag se dinge wat nog moet gebeur voor my af.

Ek is so in die gedagtes vas gevang en konsentreer nie op die aantrek van die kouse en daar met die optrek van die kouse skeur ek die kouse dat die spoortjies sommer so op en af hardloop. Ag flippen vy! Hemel behoede my wat nou? Dit is my laaste heel paar kouse. Ek dink altyd aan my ma se vermanings oor: “Hou altyd ‘n toe pakkie kouse in jou laai”. Dankie ma, ek mis ma se wyse woorde. Met die gate en al jaag ek na Harties se naaste winkel en doen soos ma gesê het. Koop twee pakkies kouse. So in die haas vat ek die ene wat M wys op die M rakkie, gryp toe sommer twee direk agter mekaar. Goed dit sal mos pas!

Ry na die hoërskool toe en bid, bid hol ek die stegie op na die personeel se kleedkamers en trek gou die nuwe kouse aan. Ook maar goed ek het beide pare ingepak. So met die haas leer ek weer ‘n verdekselse kous, die keer my een groot toon se skewe nael wat die kous haak. Ek het klip hard die F woord gebruik en die volgende pakkie kouse uitgehaal. Daar sit ek! Met bewende hande draai ek die pakkie om en ja, die kouse is nie dieselfde nie en die grootte wel tien keer my size. Dit is van daardie soort wat die prostetute sal aantrek...Pik, git, swart soos ‘n pot se gat, met sulke groot visnet gate. Ek sit en staar na my lang been hare wat ‘n week gelede laas geskeer is. Kaal bene kan ek nie waag om te gaan nie...wel dit was ‘n sterk opsie gewees...maar helaas niet! Sluk sussie, sluk, tyd vir paniek aanvalle is daar nie, tel jou lip op en kry klaar.

Gedwee trek ek die kouse aan, hel dit was nog die maklikste proses van die dag, glip sommer aan. Geen wonder die dames verkies die kouse. My oë kry behoorlik seer om na die ruitpatroon te kyk, maar ja, ek moet nou maar die kop optel en hol. Die lang been hare wys gelukkig nie! So met die stap na die kantoor kan ek sien die ontvangsdame rek omtrent haar maer nekkie 'n entjie langer as die van 'n skilpad, om my te bekyk! Ek trek net ‘n skewe gesig en vra vir die seuns. Ons vertrek na die kerk. Diep in my hart bid ek die kinders sien nie my verleentheid nie! Ag, Vader van genade met die uit klim slag kyk ouboet my aan en sy maat bars uit van die lag en beide sê amper gelyk: “Dit is cool kouse!”. So stap ons die kerkbinne, die ys gebreek en vergete is die kouse episode!

Wat leer ek....koop sommer baie kouse vir die wis en die onwis!

Gemmerkoekie en Karamel yskas tert

My ma kon hierdie tert so mooi versier het, ek dink as sy aan bak kompetisies moes deel geneem het, sy keer op keer los hande sou wen. Sy was ‘n stil en privaat mens. Sy het gegee aan die gemeenskap, maar nooit gekuier in die gemeenskap. Op haar plekkie het sy haar ding gedoen en die deur vir alle “af-vlerke” was altyd oop. Ja, almal het geweet Hantie se deur is altyd oop en die yskas propvol lekkernye.

Met hierdie resep het ek geleer om room te stabiliseer sodat dit sy vorm behou deur gelatien by die mengsel te klop voordat dit ingevou word. Hierdie tegniek is ook van toepassing as jy room as versiersel op koeke wil spuit en wil voorkom dat dit sal smelt by kamer temperatuur. 

Kors
100g Gemmerkoekie krummels
4e Klapper, fyn
3e Gesmelte botter

Metode:
1. Meng die bestanddele saam en druk in tert bak van 23cm deursnit. Vierkantig sal ook werk.

Vulsel
15 ml Gelatien opgelos in 125ml kookwater, afgekoel tot stroop dikte
125 ml (½ k) Room, yskoud
380 g Karamel treat
250 g Room kaas, nie maaskaas
5 ml Karamel geursel
125 ml Strooisuiker
100g Pekans, gekap

Metode:
1. Smelt die gelatien in kookwater en laat dit dan afkoel tot die dikte van stroop of lou warm. 

2. Plaas die room en strooisuiker in ‘n dieperige bakkie en voeg ongeveer 4e gesmelte gelatien by en klop die room styf. 

3. Meng die karamel, roomkaas, geursel, gelatien saam tot glad en romerig. Vou die room by.

4. Skep in tert bak. Sprinkel bolaag met pekans

Karamel laag
175g Sagte Bruinsuiker (Treacle sugar)
75g Botter
110ml Room (plaas room is die beste)

Metode:
1. Smelt botter en suiker oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het. Verwyder van hitte en voeg die room in ‘n dun straaltjie by en kook oor matige hitte vir 2 minute terwyl met ballon klitser geklits word.

2. Giet oor koek en laat afkoel..

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Kook klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 1 x 23cm tertbak genoeg vir 6 porsies

Donderdag, 18 Augustus 2016

Sjokolade Mousse / Chocolate Mousse

Veerlig en dekadent. Die geure wat jy kan inbou in hierdie nagereg is oneindig. Jy kan alkohol basisse soos Amarula, Gemmer brandewyn, Contreax en vele meer inbring. Koffie is ook ‘n heerlike opsie, asook fyn gekapte sout neute....Indien jy die mousse in verskillende kleure wil maak en as 'n lagies koek wil aanbied verhoog die gelatien na ongeveer 5ml meer as in die resep gevra. Doen elke laag 'n uur uit mekaar sodat die lagies ferm is voordat die volgende opgesit word. 

Nota oor smelt van sjokolade: Kap die sjokolade stukkie baie klein op en plaas in dubbelkoker en laat die water saggies kook, nie borrellend nie. As daar ‘n water druppel in die mengsel kom, gaan dit sulke stukke maak en lyk of dit skif. Hou by ongeveer 55℃.

Resep
2 Eiers, geskei
50g Strooisuiker
100g Sjokolade van keuse: wit, karamel of donker, Gesmelt
10ml Gelatien poeier
60ml Kookwater
125ml Room, sagte punt
40g Neute, opsioneel

Metode:
1. Voeg gelatien by kokende water en roer tot opgelos. Indien nie opgelos, plaas houertjie in kokende water en hou aan roer tot gesmelt. Laat eenkant om af te koel tot so dik soos eierwitte. 

2. Klits eiergele met stooisuiker tot lig en donsig.

3. Voeg die gesmelte sjokolade by die eiermengsel en klits deeglik. 

4. Klits die gelatien by.

5. Vou styf geklitste room by die mengsel in.

6. Klop die eierwitte styf en vou met nuete by die mengsel in.

7. Skep in vooraf verkoelde bakkies. Verkoel vir ten minste 60 minute.

English Version

Recipe
2 Eggs, separated
50g Castor sugar
100g Chocolate of choice: white, caramel or dark, Melted
10ml Gelatine powder
60ml Boiling hot water
125ml Cream, lightly whipped
40g Nuts, optional

Method:
1. Add the gelatine to hot water and stir briskly until dissolved. If not dissolved, reheat by placing the container of gelatine in boiling hot water again. Let it cool till thickness of egg whites.

2. Beat egg yolks and sugar until creamy.

3. Add chocolate to the yolk mixture.

4. Beat the cooled gelatine into the chocolate mixture and fold the cream in. 

5. Beat the egg whites until stiff and fold into the mixture along with nuts if using any.

6. Pour into chilled moulds and refrigerate.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Gelatien klasse: boerekostwist@gmail.com
Porsies: 4

Donderdag, 04 Augustus 2016

Makaroni en Kaas / Mac ‘n Cheese

Indien jy kinders het wat nie self kook nie en naweke tuis kom...dan is hierdie ook ‘n wonderlike opsie vir vries. Haal direk uit die vrieskas en plaas gevries in die oond en bak 45 minute. Vir variasie voeg bietjie gekapte ham of gaar spek by. Gesonde kits ete!

Resep
500ml (2k)  Pasta 
45ml (3e) Botter of Margarien
45ml (3e) Koekmeel
500ml (2k) Melk, lou
500ml (2k) Cheddar kaas, gerasper
¼ t Neutmuskaat
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Voor verhit oond na 180℃ en smeer ‘n oondvaste bak met botter.

2. Kook 3 liter water met 2t sout en 2e olyfolie. Voeg pasta by kokende water en roer vir eerste minuut om te voorkom dat die pasta aan mekaar vaskleef.

3. Terwyl die pasta kook, smelt die botter in ‘n kastrolletjie wat 500ml melk sal kan kook. Voeg koekmeel by gesmelte  botter en kook vir 1 minuut. Voeg die melk by en roer met ‘n draadklitser baie vinnig om klonte te voorkom. Hou aan roer totdat die mengsel verdik het vir ongeveer 6 minute. Voeg sout en peper by

4. Voeg kaas by gaar witsous en roer goed deur totdat gesmelt.

5. Die pasta behoort nou ook gaar te wees. Pasta moet al dente wees. Dit beteken dit moet sag wees maar nog ferm wees as jy op dit byt. Die pasta word nog verder gebak en as jy dit oor gaarmaak gaan dit pap wees.

6. Meng die sous met die pasta en bak vir 35 minute totdat dit mooi goud-bruin is. 


English Version

Recipe
500ml (2cups) Pasta
45ml (3tbsp) Butter or Margarine
45ml (3tbsp) Cakeflour
500ml (2cups) Milk, luke warm
500ml (2k) Cheddar cheese, grated
¼ tsp Nutmeg
Salt ‘n Pepper to taste

Method:
1. Preheat oven to 180℃.

2. Bring a pot of water to a boil with 2tsp salt and 2tbsp olive oil. Add pasta and stir for 1 minute to prevent it from lumping together.

3. While the pasta cooks, melt the butter in a pot large enough to hold the milk.

4. Add the flour and stir over medium heat until the mixture is lightly browned; 1-2 minutes.

5. Add the milk and whisk to remove any lumps and add the salt and pepper.

6. Cook over medium-high heat until the sauce thickens and starts to bubble. About 6 minutes.

7. Stir in the cheese and whisk until smooth and melted. Turn off the heat.

8. When the pasta is almost done but still firm, drain it and add to the sauce.

9. Stir the pasta into the sauce and bake, 35 minutes until browned and bubbly.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Pasta classes: boerekostwist@gmail.com
Servings: 6

Dinsdag, 02 Augustus 2016

Lasagne pakkies

As jy bietjie meer kreatief wil wees met pasta dan is hierdie die resep vir jou. Ek leer jou om pasta te maak en daarna word dit gebak of gediepvet braai. Soveel keuses en soveel disse. Geniet die les.

Pasta deeg:
350g Witbroodmeel
3 heel eiers
1 eiergeel
45ml water
Pasta roller of Koekroller
Sirkel drukker van ongeveer 10cm deursnit

Metode:
1. Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en draai die lem totdat die deeg en bol vorm.

2. Haal deeg uit en knie vir 2 minute om gladde bal te vorm. 

3. Rus deeg vir 30 minute.

4. Rol van pasta deeg. Maak seker dat jy te alle tye genoeg meel beskikbaar het om die deeg mee droog te hou. As die deeg te nat is sal dit in die roller vas steek.

5. Rol deeg met pasta roller tot op stelling 2. Rol deeg met koekroller tot ongeveer 3mm dik.

6. Druk sirkeltjies van ongeveer 10cm deursnit. 

Vorming van Pasta bakkies
100g Gesmelte botter of olyf olie
Kwassie
Kolwyntjie pan

Metode:
1. Voor verhit oond na 200℃ en smeer die agterkante van die kolwyntjie pannetjies met botter of kleefwerende kossproei.

2. Smeer elke sirkeltjie aan beide kante met botter of olie.

3. Plaas elke sirkeltjie bo-op die omgekeerde kolwyntjiepan se agterkant.

4. Bak die sirkeltjies vir 10-15 minute tot goudbruin en bros.

5. Plaas op afkoel rakkies.

Alternatiewe gaarmaakmetode van Pastabakkies:
Met hierdie metode kan pasta ook in kleiner stukkie gesny en los gebraai word in vlakvet olie.
1. Voorverhit olie in ‘n diep kastrol.

2. Plaas een deegsirkeltjie tussen twee teesiffies. Hou die twee siffies stewig vas en druk in die warm olie.  Met olie sal die vars pasta op pof en deur die siffies op mekaar te hou en die deeg plat te druk. 

3. Braai tot goud bruin en dreineer. Laat eenkant om af te koel.

Lasagne vulsel
500g Maalvleis
45ml Olyfolie
1 Ui,medium
45ml Koekmeel
100ml Aftreksel
1 Wortel, gerasper
1 Seldery stingel, fyn gekap
2.5ml Gerookte paprika
Sout en Peper na smaak
250g Mozzarella

Metode:
1. Braai ui in olyfolie tot gaar. Voeg koekmeel by die uie en roer goed deur. Voeg die aftreksel by en laat opkook om te verdik. 

2. Voeg maalvleis by en kook tot gaar. Met ‘n houtlepel maak die maalvleis fyn. 

3. Sodra maalvleis gaar is, voeg die groente by en kook ‘n verdere 5 minute. 

4. Voeg geurmiddels by. 

5. Skep dan lepels vol gaar maalvleis in die gaar pasta bakkies en sprinkel ‘n dik laag mozzarella oor en rond af met origanum.

6. Rooster die kaas tot gesmelt en bedien warm met ‘n Soetrissie of Rooi ui marmelade en ‘n groen tuinslaai.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Die Groot Ontbyt 2/8/16. Pasta klasse; boerekostwist@gmail.com
Porsies: 8

Vinnige Rooi Ui Marmelade / Quick Red Onion Marmelade

Soms gebeur dit dat jy nie tyd het vir baie uie kook nie of die uie is baie duur. Hier is my 30 minute rooi ui marmelade reseppie vir die kere wat jy daardie spesiale ietsie vir 'n dis nodig het. 

Resep
1 Groot rooi ui, in ringe gesny
250ml Water
5ml Mosterd saadjies
50g (1/4k) Sagte bruinsuiker
125ml (1/2k) Witwyn asyn
125ml (1/2k) Witwyn
2.5ml (1/2t) Knoffel fyn gedruk
2.5ml (1/2t) Gemmer, fyn
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Kook die uie en mosterd saadjies in water tot amper sag. Voeg die res van die bestanddele by en kook oor matige hitte totdat die mengsel se vog minder word en die sousie taai. Ongeveer 20-30min.

2. Gebruik dadelik.
English Version

Recipe
1 Red Onion, Large, cut into rings
250ml (1cup) Water
5ml (1tsp) Mustard seeds
50g (1/4cup)Treacle sugar
125ml (1/2cup) White wine vingegar
125ml (1/2cup) White wine
2.5ml (1/2Tsp) Garlic
2.5ml (1/2 tsp) Ginger powder
Salt and peper to taste

Method:
1. Boil the onion and mustard seeds in water until soft over moderate heat.

2. Add the rest of the ingredients and simmer for 20-30 minutes until the moisture has reduced and the sauce is thick. Serve immediately.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Preserveer klasse: boerekostwist@gmail.com
Amount: 1 cup (250ml)