Donderdag, 03 Maart 2016

Broccoli en Blomkool Soutwafel Toebroodjies

Wilma Rossler, een van ons Boerekos met ‘n Twist lede op Faceboek het hierdie foto asook die reseppie met ons lede gedeel. Ek het die reseppie sommer dadelik getoets en gestandardiseer. Dus kan ek met vrymoedigheid sê die resep is heerlik en werk sommer baie maklik. My kinders het elke krieseltjie verorber.

Ek het vir die gluten allergië die reseppie in hakkies by die bestanddele lys aangepas. Ek het die gluten vrye een gemaak en die smaak is nogsteeds perfek en dit bak sonder enige probleme.

Resep
250 ml Blomkool, fyn gemaak, sag gekook, dreineer goed
250 ml Broccoli, fyn gemaak, sag gekook, dreineer goed
2 Eiers, groot
30 ml Olyfolie of gewoone olie of gesmelte botter
30 ml Maaskaas (gewone yoghurt of karringmelk kan vervang word)
2.5 ml Paprika (gerook gee ‘n ongelooflike smaak)
2.5 ml Knoffel vlokkies (opsioneel)
Sout en peper na smaak
30 ml Koekmeel (vervang met chickpea flour vir allergië)
30 ml Nuttywheat (vervang met amandelmeel vir allergië)
5 ml Bakpoeier
2.5 ml Koeksoda
1 k Cheddar kaas

Metode:
1. Meng die eiers, olyfolie, maaskaas, paprika, sout, peper, koekmeel, nuttywheat, bakpoeier en koeksoda saam.

2. Meng die blomkool mengsel met die meelmengsel en roer baie goed deur.

3. Skep lepels vol op ‘n vooraf verhitte en gesmeerde wafel pan en bak totdat gaar.

4. Sodra al die wafels gebak is kan jy twee metodes volg om die broodjies te maak. As jou tyd min is kan jy die broodjie met die kaas vulsel op mekaar in die oond of mikrogolf oond smelt. As jy tyd het plaas die toebroodjie terug in die warm wafelpan en smelt dan so die kaas. 

5. Bedien met groen slaai.

Bron: Wilma Rossler, 2016
Hoeveelheid: 6 sirekels, 3 toebroodjies


English Version

RECIPE
250 ml Cauliflower, pureed, soft boiled, drain well
250 ml Broccoli, pureed, soft boiled, drained well
2 Eggs, large
30 ml Olive oil or an ordinary oil or melted butter
30 ml Cottage cheese (can substitute plain yogurt or buttermilk)
2.5 ml Paprika (smoked gives an amazing flavor)
2.5 ml Garlic flakes (optional)
Salt and pepper to taste
30 ml Cake flour (replaced with chickpea flour for allergies)
30 ml Nuttywheat (replaced with almond flour for allergies)
5 ml Baking powder
2.5 ml of Bicarbonate of soda
1 cup Cheddar cheese

METHOD
1. Mix the eggs, olive oil, cottage cheese, paprika, salt, pepper, cake flour, nuttywheat, baking powder and bicarbonate of soda together.

2. Mix the cauliflower mixture into the flour mixture and stir thoroughly.

3. Spoon spoonfuls on a greased preheated waffle pan and bake until done.

4. Once all the waffles are baked you can follow 2 methods to make the sandwiches. If your time is short you can sandwich it together with cheese in the oven or microwave. If you have time put the waffle back into the hot waffle pan and melt the cheese. 

5. Serve with green salad.

SOURCE: Wilma Rossler, 2016

QUANTITY: 6 rounds, 3 sandwiches.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking