Dinsdag, 01 Maart 2016

Aspersie tert

Daar is nou een ding wat ek oor dooi dan is dit aspersie tert in al sy vorme. My ma het ‘n baie vinnige korsie aanmekaar geslaan met haar drie koppie mates. 

Vir variasie kan jy speel met kaas soorte soos bokmelk, gruyere, brie, cammenbert, bedien met heerlike rooi ui marmelade en jy het 'n wonderlike bederf vir jou gaste.

Kors resep
1 k Koekmeel
1 k Gerasperde Cheddar kaas
1 k Gerasperde yskoue gevriesde botter of bak margarien

Metode:
1. Plaas in voedselverwerker al die bestanddele en kap fyn soos broodkrummels, druk in tertpan of panne van keuse en laat eenkant. Die vulsel word direk in die ongebakte kors gesit.

Vulsel
5 eiers
250 ml Room
150 g Cheddar
10 ml Bakpoeier
5 ml Mosterd poeier
50 g Koekmeel
1 Blikkie Aspersies, 310g, gedreineer, in helfte gekap of Vars aspersies waarvan die onderste stingel verwyder is deur dit in die helfte te knak.
100 g Spekvleis, halfgaar, gekap
20 ml Sprietuie, gekap
Roma tamaties met steeltjies
Sout en peper na smaak
Vars aspersies vir garnering. Breek boonste punte af, blansjeer en hou eenkant. 

Metode:
1. Meng al die bogenoemde bestanddele saam en skep in kors. Plaas die tamaties bo-op die vulsel en spuit met olyfolie.

2. Bak by 190 ℃ vir 45 min. 

3. Bedien met heerlike vars groenslaai.

Bron: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 6 - 8 persone

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking