Donderdag, 28 Januarie 2016

Hemelse Patat’s / Sweetpotato Delight

Rista Greyvenstein se patat resep is voorwaar iets om te probeer....Dit is vir kinders definitief iets om voor te sit, veral as hulle langtand aan groente eet.

Resep
6 Patats
100g Bruinsuiker
50ml Goue stroop
1 pak Mini Marshmellows (wittes)
250ml Room
Pakkie gemmerkoekies - fyn gedruk of grof gebreek
30ml Amarula (of na smaak) opsioneel

Metode:
1. Kook patats in soutwater tot amper gaar.

2. Haal skille af . Sny in blokkies of sirkels.

3. Meng suiker, stroop, amarula en room.

4. Pak lae patats en koekies, gooi suiker- en roommengsel oor. Bak in matige oond – 180°C - tot sous dik word.

5. Haal uit en pak marshmallows bo-op. Sit onder die grill dat dit net oppof en bruin word.Dit lyk  pragtig!

Bron: Rista Greyvenstein, admin van Boerekos met ‘n Twist, 2016. Fotografie en toets van resep...Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 4-6 porsies

English Version

RECIPE
6 Sweet Potato's
100 g Brown Sugar
50 ml Golden syrup
1 package mini marshmallows (white)
25 0ml Room
Package ginger - crushed or coarsely broken
30 ml Amarula (or to taste) optional

METHOD
1. Boil potatoes in salted water until almost cooked.

2. Remove peels. Cut into squares or circles.

3. Combine sugar, syrup, amarula and cream.

4. Arrange layers of potatoes and biscuits, pour sugar and cream mixture over. Bake in moderate oven - 180 ° C - until the sauce thickens.

5. Remove and pack marshmallows on top. Place under the grill untill the marshmallows browns and puff's  up. It looks beautiful!

SOURCE: Rista Greyvenstein admin of Boerekos with a Twist, 2016. Photography and testing recipes ... Jane Pienaar


QUANTITY: 4 - 6 portions.

Donderdag, 21 Januarie 2016

Die Chillie Eskapade

Hierdie is Dwerg Chillies en nie so verwoestend nie
So leer ek mos die duurste les wat enige dom boervrou ooit kon leer...die van die krag van ‘n chillie se brand! O, Moeder van alle moeders...ek het nie geweet watter kant om te keer.

My liefste vriendin Naceema Patel het dit goed gedink om vir my van haar Chinese capsicums te gee. Ha! Maar later sou ek mos die ander naam hoor en dit is wraggies soos die steek van ‘n Skerpioen...die ander geleerde naam vir die wettertjies is Moruga Scorpion! Ek kry so ‘n yoghurt bakkie vol van hulle by haar en ek vra haar of dit sal werk vir die Roasted Garlic and Ginger Masala wat sy my die resep van gegee het. Ja, maar ek moet maar versigtig werk want dit is sterk. Mense, die vrou vertel mos toe nie vir my dat die outjies op die brandskaal (as daar so iets is) op nommer 4 of 5 van die wêreld se warmste chillies val.

Op die oog af is dit nie ‘n mooi vruggie nie, dit lyk amper asof dit sulke bulte soos selluliet maak. Daar is nie ‘n definitiewe punt nie en soms is dit sommer so in mekaar getrek. Gewoonlik werk ek met plastiek handskoene as ek met chillies werk, want die Hemele weet dit kan nogal ‘n hewige vel reaksie ontlok. Ek begin met die verwerkingsproses en so met die eerste sny kry ek ‘n gaatjie in die een vinger se punt van die handskoen. Aag, dink ek by myself dit is seker soos die ander chillies en sal na hierdie enetjie op gesny is gou ‘n ander een aan trek. Moeder van alle moeders...daar kom die steek...dit brand, dit brand so, dat ek dadelik die handskoek afpluk. Met die afpluk is ek nie versigtig nie en die vuil kant van die handskoen tref my teen die voorarm van die ander hand. Ek voel die steke, die vlamme...ek dink wat de hel is nou aan die gang. Spoel my arm en vinger, hoe meer ek spoel en vryf hoe erger word dit. My arm maak eers sulke rooi kolle en toe word dit sommer sulke op gehewe bulte. Ek begin paniekerig hardloop na die medisyne kas en sluk sommer twee Celestemine pilletjies want dit lyk soos ‘n bysteek net erger.

Ek bel vir Naceema en vra vir die antidood. Sy lag dat die trane loop en ek huil. Ek word gewaarsku dat ek moet goed hande was en die aangetaste dele moet afvee en weer spoel. Ek moenie my baba se boude afvee nie of selfs as ek badkamer bebruik nie. Ek dink so by myself, wie het hierdie wreedaardige chillies ontdek. Want daar waar vandaan dit kom, moes dit as ‘n indringer gesien word en verwoes word. Dit voel of kokende water oor my lyf uit gegiet is. Naceema sê daar is niks wat ek kan doen nie, en moet die hand net in koue water sit. Maak toe so, maar dit voel soos ‘n vel wat in die son verbrand het en nou in badwater moet lê. Dit is regtig seer. Ek blaas my neus so tussen die pyn en hitte golwe deur en die Vader alleen weet, my neus gate is aan die brand, my oë is bloed rooi, ek vloek sommer sulke lang stringe, want ek was gewaarsku om nie weer aan ‘n lewende ding te vat nie!

My man kom by die huis en dink ‘n by het my gesteek en vra ewe besorg of ek ‘n pillejtie gedrink het. Ja, kom dit deur die trane. Ek vertel hom wat gebeur het en dat ek net een chillie gesny het en nou met jare se probleme sit. Hy raas dat die dak amper lig, hy het my al soveel keer gewaarsku oor my en Naceema se kerriekos. Iemand volgens hom gaan nog seerkry eendag. Wel, ek het nooit in my lewe kon dink dat so ‘n klein dingetjie sulke groot probleme kan veroorsaak nie. Hy het die chillies dadelik weg gegooi saam met die res van die toerusting wat ek gebruik het...kap plank en mes weg!


Ek het gaan slaap met die brandende lyf, die volgende oggend toe ek gaan stort en myself lekker seep smeer kry ek toe mos weer die brandery van vooraf. Want daardie sap is gif...dit hou vir twee dae aan met brand. 

Nee, ek is klaar met chillie spesies wat se naam en nie ken nie.

Woensdag, 20 Januarie 2016

Kwepers is nie vir Sussies nie!

Nou goed, daar maak ek mos die fout en luister na my man en hy laat die werkers vir my Kwepers pluk, want hy mis sy ma en wil Kweper jellie hê.  Ek was onder die indruk die bome is so oud, dat dit nie meer dra nie. Regtig, die goed is seker al 50 jaar oud en dra net in die heel boonste toppe so een of twee vruggies. Wel wat bring ou George vir die Mê? Mense, ‘n hele 50kg krat van die harige goedjies! Ek het nog nooit in my hele lewe alleen sonder my briljante moeder se hulp hierdie vruggie in haar jellie omskep nie.

Mmmmh het ek maar net geweet wat lê voor! Ek het ‘n ou wastrog so groot soos ‘n bad buite in die derde kombuis. Begin die harige goeters in die wasbak met water gooi en ek jeuk dat selfs my tone kriewel. My neus begin loop en my arms brand...maar ekke gee nie aandag aan die jeuk nie. Ek wil die goed net gewas kry. Ek begin om die hare met die kombuis sponsie se growwe kant te skrop, maar nee, die verdomde haartjies sit soos dinges. Ek begin kriewelrig te raak, gaan soek ‘n nael borsel en begin skrop, nee die vervloekste hare verstop die naelborsel so...dat ek nou ergerlik begin raak en ek roep vir pappie om te kom help skrop. Na so ‘n uur moet hy gou iewers heen gaan en verdwyn die res van die aand. Die nael borsel het toe in die asblik op geindig en ek vat toe die skrop borsel. By 20kg gee ek moed op en los die res in die water tot die volgende dag. Die volgende oggend begin ek so vloek-vloek skrop. Pappie kom verby en maak of hy niks hoor nie. Ek roep vir George en raas met hom hoekom pluk hulle so baie van die goed, skuins weg lag hy, nee Endrew (Hanru), hy sê die Mê soek baie.

Kyk as my ogies dolke was, was my man dood. George stem in en help my toe die goeters klaar skrop. Ek begin heel ywerig die monstertjies wat nou soos mooi groen Granny Smit appels lyk, met my groot mes op sny. Hier kom toe nou weer nonsens. Die verdekselse goed is harder as ‘n lemoenpampoen! Dit skiet die hele wêreld vol soos ek probeer om die rond borstige goedjies ‘n sny plek te gee. Sit dit toe op ‘n handdoek en hierdie oorlog is afgeweer. Begin sny, met stampe en stote, blaaie wat brand...maar ek sny om verby die ervaring te kom. Ek pak die 30 liter potte met ‘n groot glimlag. Dit vat my die hele saterdag om die goed op te sny. Nou kom die kook slag. Jy moet dit kook totdat dit net sag is, dan dreineer en dan die vog afmeet en suiker by sit en weer kook.  Kyk my ma se resep so...in haar eie handskrif en dink so by myself: My ma staan seker hier agter my en loer oor my skouer en kry my terug vir al my stoutigheid. Hoekom het sy nie al die slag gate uit gewys nie?

Want die laaste sin van kook tot net sag, dreineer, meet vog....wel ons trek vandag by dag 3 en ek is nogsteeds nie klaar nie. Hoekom? Want, nommer een, ek het die wasbak verstop met die harige besigheid, dit het soos velt ‘n laag gevorm. Hoe meer ek dit donsies probeer op vang met die kaasdoek hoe meer verstop ek die kaasdoek, nee ek was verby bedonderd! Pappie dik vies...en mammie boos vir pappie se blink planne begin toe die pype ontkoppel en daar spoel die hele kombuis vloer vol van die hare, ek kommer nie ek is net te bly, begin geduldig skoon maak.

Toe kom die dreineer slag van die klaar gekookte kweper, die goed so glibberig en slymerig en verstop die gaasdoek, die goed dreineer so stadig dat ‘n skilpad lyk of hy op witblits loop! Ma sê die stroop moet deursigtig en helder wees, jy moet op 30cm dwarsdeur sien. Nou goed, myne lyk nog nie naasten by soos haar beskrywing nie. So, toe werk ek my eie plan uit, skep met ‘n groot sif die stukke uit, gooi dan die vog deur die ekstra fyn tee siffie wat elke keer gespoel moet word na ‘n koppie vol sap deur gaan. Daarna gaan dit deur 4 lae kaasdoek en die laaste keer deur twee lae kaasdoek. Nou is ek te vrede die 30cm ding kan ek nou sien in die onderkant van die 30 liter potte! Dit het die hele oggend geneem. Toe lees ek weer deur die resep en sien ek moet die goete weer terug sit...die vrugte wat gekook was en weer kook vir 'n tweede ekstraksie, my lip was erg dik. Ek dink by myself gaan ek kroek en weg gooi of aangaan. Besluit om my reel te volg en eers die resep te volg soos ma geskryf het en dan volgende keer kroek. 50kg se werk gaan nie opgemors word nie!

Doen die pektien toets en daar is nie ‘n druppel brandspiritus in die kas! Ek skel, dit is laat en dorptoe is nie ‘n opsie nie. Besluit om maar ‘n kans te neem en kook die spulletjie met suiker en besluit toe om dit ‘n Turkish delight geur op die kooptoe te gee. Die kleur is ook nie mooi pienk nie en ek dam 'n bottel goeie Cabernet by en gooi die hele bottel in, nou lyk sy mooi, nog 'n handvol Cardamom peule en siedaar! Die reuk is fantasties en proe heerlik. O, ek het ook 'n paar slukke van die wyn weg net om my pyn te vedoesel en moed te kry...natuurlik uit die glas gedrink, net nou kyk ek dalk te diep in die bottel!

 Nee, ek sal nooit weer in my lewe soveel vrugte op eenslag kook en dreineer nie. Alles was taai, die vloere, tafels, stowe, my hare, my tone, die wasbak was die ergste...alles was taai! Nie soet taai nie...nee so ‘n gommerige, slymerige gedoente wat jou die horrie piep gee elke keer as die kaasdoek uitgespoel moet word vir die volgende liter sap wat dreineer moet word. Nee, ek het altyd gekla oor die kook van Makataan...weet julle wat? Makataan is nie werk nie, dit is ‘n plesier om meet te werk. Dus ek vra R80 vir 500ml en nou weet julle hoekom...Na 4 dae se regtig harde hande arbeid en ‘n seer rug, gaan ek die arbeid meer ag as die bestanddele

! Nooit weer in my lewe sien ‘n kweper my twee hande nie!


Probleme by die Bak van Brood

Kom ons kyk na die probleem kant van brood bak...ek tel op dat mense nie graag wil vrae vra nie. Daarom het ek besef dat daar praktiese aspekte is wat mense mis. Dus, lees mooi...


Kluitjierige brood of digte tekstuur
1. Te min geknie
My hande is op 'n stadium dat dit baie seer word van knie, dus meng ek my deeg totdat al die droeë bestanddele in gemeng is en los dit vir 30minute sodat die proses autolaze plaasvind. Dit is baies ‘n proses waar gluten drade kan sterker strukture vorm. Daarna wanneer jy knie, is die deeg baie sagter en uiters hanteerbaar, dit sny ook uit op die knie tyd per hand. Deeg moet ongeveer 10 minute lank per hand geknie word of 5-8 minute per staanmenger.

2. Die deeg het koud gekry
Deeg wat moet rys moet warm genoeg bly. Dit moet snoesig by liggaamstemperatuur rys. Dus maak jou eie inkubasie kas deur ‘n koelhouer te gebruik en sit die deeg in ‘n bak, toegemaak in die houer met ‘n botteltjie warm kraan water. Maak die deksel toe en loer elke uur.

3. Die deeg het nie genoeg gis in nie
As die gis nie genoeg is nie sal die deeg baie lank neem om sy volle potensiaal te bereik. Dan is jy besig om ‘n ander soort brood te bak wat oor 2 dae gaan loop. Dus wanneer die resep aandui, dubbel die volume, dan moet dit so wees. Hoe weet jy dit? Ek vind dat die druk met die vinger en die gat moet bly werk nie vir die studente nie, veral die beginners. Dus plaas jou deeg in ‘n plastiek of glas bak wat deurskynend is, maak met ‘n permanente merkpen ‘n merkie waar die deeg se vlak tans is. Daardie volume moet dan verdubbel word, maak dan ‘n geskatte merkie van waar die deeg behoort te gaan. As jy nie van die merkery hou nie, kan jy met rekkies ook dieselfde doen. Plaas die rekkie om die houer en dan die volgende een vir die verdubbel merk. Slim ne?

4. Die deeg het nie genoeg kos in vir die gis om te kan werk nie
Soms dink mense as hulle die suiker uit die resep haal dat dit gesonder gaan wees...Jammer vir jou maar jy het sopas die kos vir die gis selle uitgehaal en hulle het dit nodig om twee goed te doen. Nommer een die gis selle skei CO2 af vir die rys effek en produseer alkohol vir die smaak. Suiker kan vervang word met heuning, melasse, bruinsuiker van jou keuse.

5. Die brood het nie lang genoeg gerys nie
Net soos ons die merkie maak vir die dubbel in volume rys, so moet dit ook in die pan gebeur voordat die brood gebak word. Die brood rys nie so baie bv soos ‘n koek nie. Dus moet die meeste volume rys werk buite die oond gedoen word. Maak dus vir jouself ‘n merkie of vang hom met die oog as jy gekonfyt is!

6. Die brood het nie lank genoeg of by die regte temperatuur gebak nie
Alle brood word aanvanklik by die hoogste temperatuur vir ongeveer 5 minute gebak en dan word die brood verder by 200℃ voltooi soos die tyd op die resep aangedui. Hierdie geld net vir suurdeeg brood. 

Die hoë hitte laat die volgende proses “oven spring” plaasvind. Indien die temperatuur te laag is, gaan die ekstra rys in die brood nie plaasvind en die brood gaan “sit” dan soos ‘n ou tannie wat wortelskiet! Dit gaan nie beweeg nie, nie ‘n sentimeter nie. Die deeg gaan dan definitief soos ‘n kluitjie uitkom. ‘n Klei os se agterent is minder toe as die brood! 

Verder as die temperatuur te laag is gaan dit ‘n korsie om die deeg vorm en dit vashou soos ‘n stywe kombers en dit sal nie kan rys nie. Dus, hierdie laaste punt is soms die probleem by alle brood wat kluitjierig uitkom. Te lae hitte. Moenie skrik nie, die hoë hitte klink erg, maar dit is nie so! Ek het 20 jaar plus ondervinding in hierdie veld!

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm. Uit treksel van Sourdough1 klas.

Dinsdag, 19 Januarie 2016

Visarende, riviere, perde en kinders, maak alles in die lewe die moeite werd!

Sussie saam met pappa in die boord...lekker moerbeie geëet en vir mamma die gemors gelos!
So sit ek en blaai deur Faceboek en sien ‘n foto van ‘n visarend wat sy kop agtertoe gooi om daardie kenmerkende roep van hom uit te bassuin. Oom Hannes Britz se foto het soveel nostalgie in my binneste geroer. Ons woon amper aan die voet van die Magaliesberg en tussen die berg en ons plaas is die Skeerpoort rivier. Op die plaas is ‘n hoekie waar die Skeerpoort en die Magaliesrivier ontmoet by die keerwal, en die gebruis wanneer die twee riviere ontmoet as dit afkom kan tot by die opstal gehoor word. Dit is juis by hierdie groot water gat waar die riviere saamkom, waar ons ‘n Visarend broeipaar het. Ons hoor hulle gereeld roep, veral laat middag as ons op die stoep van ons 1930 plaas opstal sit en koffie drink.  Die geluid laat my elke keer hoendervleis kry, dit maak my diep in my siel en nersderm kalm...as daar iets is soos ‘n nersderm. Dan sit ek met my toe oë en wens vir nog ‘n roep en dan hoor jy dit oor en oor! As daardie stoep kan praat van al die lekker koffie en kuiertjies wat al deur generasies hier plaasgevind het...dan was daar hordes boeke al volgeskryf. Ons area is ongelooflik onder ontgin wat die geskiedenis aan betref, maar ek en my man is tans besig om met die “oumense” te gesêls oor die geskiedenis van Skeerpoort. Die stories en staaltjies wat uitkom is ongelooflik. Sal julle nog eendag van oom Hans en oom Maans vertel!

Maar terug nou by die Visarend en die rivier. Ek het my kinders leer perdry op my manier van natuurlike “horsemanship”. Dit beteken hulle het nie in ‘n ring al in die rondte geploeter nie. Nee, ek het hulle met die perde uitgevat in die bebosde rivier in. Daar het ons in die digte rietbos met sy tonnels gery...daar het ons op en af teen groot en lang walle gehardloop, gallop en geloop om hulle balans te leer. So het ek hulle op ‘n natuurlike manier leer spring met hul perde. Die waarde van die kinders uitneem met hulle perde was ongekend in hulle fisiese asook kognetiewe ontwikkelling. Op die pad moes die seuns (Hardus toe 4 en Peet 8) geleer het om probleem situasies vanuit die saal te identifiseer en die perd op sy gemak te stel. Te leer om in ‘n span te werk, jy en jou perd, wat vertroue is en die rotine van versorging...dit alles kweek dissipline by ons toekomstige volwassenes.  Dit was goeters soos ‘n hoop bale of ‘n klomp kunsmis sakke wat eenkant lê wat verdag lyk, die kinders het dan geleer om die perd vooraf die ding te wys, die kop effens te draai na die “kamstige vyand” en ook dan so verby die sakke te gaan met die perd wat bewus is van die ding is nie ‘n gevaar. Ja, probleem oplossing skills was hier geoefen op ‘n daaglikse basis. 

Wat vir my opvallend was, was my rooikop knapie van 4 jaar oud, wat sy perd die beste hanteer het. Hy het net daardie rooikop willetjie gehad en kon sy weghol perd self onder beheer kry as ons huistoe gedraai het. Kinders verbaas mens...maar perd se kind nog meer! So het die seuns ouer geword en die perde ook. Toe ons na 12 jaar uitvind ek is al 3 maande swanger moes ek ophou perd ry, en dit was vir die seuns en vir myself baie erg gewees. Maar ons het aangepas en toe ‘n arena ingerig vir hulle om in te speel asook ‘n ring om die nuwe perde wat kom te werk.  Ons ou perd Kloppe was die wildste, maar net ek kon hom ry, hy het maar ‘n moeilike tyd gehad voor hy na ons gekom het. Ek het baie lank met hom gewerk om sy vertroue te wen, my man sou hom lankal slagpale toe gestuur het as hy hom moes werk. Maar Kloppe het soos ‘n skip gery, pragtige lang treë, egalig en gebalanseer. Bene vas op die aarde en die mooiste houding! Tigger was Peet se perd, hy het boerperd en polamino bloed in hom gehad...hy was die rustigheid vanself. Ek het hom kleintyd “gedesensitize” en was bomproof. Eendag het die reën die seuns in die boord oorval en hulle het onder sy vet pens weg gekruip en hy het mooi sy basies opgepas. Dan was daar ou Boesman...wat ‘n meneer. Dit was my man se perd! Sterk en fors, regop en dapper! Was ook ‘n boerperd met die mooiste gesig en ‘n vette boud aan hom. Slim en altyd die hekke vir al die diere op die plaas oop gemaak. Ek het my perdry tye geniet...nou is Kloppe op die ouderdom van 40 in vrede heen, Boesman is verlede jaar gesteel...ja wie steel ‘n perd? Mmmmh mense wat weet hy is van ‘n goeie bloedlyn! Die storie van Tigger is vir ‘n volgende keer....’n Hartseer storie...met ‘n goeie einde!

My lewe op die plaas is soms besig, rof, vuil van diere werk, bome snoei, kinders opvoed en wie weet alles...soms vra mense of dit nie te veel is. My vriende van die stad wat my in die formele werksopset leer ken het...Kan nie dit indink dat ek mooi klere, juwele en grimering verruil het vir ‘n stukkie hemel op aarde! Maar ek hoort hier op my mishoop, dis hier waar ek kan asemhaal geen knellende bande in my bors...ek kan leef!

Groete tot ‘n volgende keer!

Saterdag, 16 Januarie 2016

TOFFIE KARAMEL LEKKERS

Antoinette Kok Oosthuizen is ‘n vrou van vele talente. Sy is ‘n werkende vrou, Ma, tuinier, kok, goeie en lojale vriendin. Wat ek nie van haar geweet het nie en sy lewe baie gesond, is dat sy so ‘n soet tand het! Toe sy vir my lekkergoed klas gekom het, het sy behoorlik geproe aan alles! Ons het tydens klas gesêls oor toffie lekkers en ek het paar resepte vir hulle ekstra gegee. Hierdie resep is een van hulle.

RESEP
250 ml Suiker
Knippie sout
200 g Goue stroop (sit eers die koppie of maatbeker in water sodat die stroop maklik uitkom)
350 ml Room - gewoon
5 ml Vanielje geursel of karamel geursel of koffie geursel of sjokolade

METODE
1.  Meng die suiker, sout, stroop en 150 ml room, verhit en roer om die suiker te laat oplos.
Was die kante van die kastrol met nat kwassie. Onthou die mengsel mag nie kook voordat die suiker opgelos is nie.

2.  Kook oor lae hitte tot die sagtebal stadium (115 ˚ C).Roer aanhoudend om aan brand te voorkom.

3.  Voeg 100 ml room by, roer en kook weer oor lae hitte tot 115 ˚ C.

4.  Voeg die laaste 100 ml room by en roer en kook oor lae hitte tot die stywebal stadium (120 ˚ C).

5.  Roer die vanielje geursel by en gooi 15 mm dik in ‘n gesmeerde pan, 120 mm x 180 mm groot uit.

6.  Laat oornag staan en sny in 15 mm vierkante. Laat ‘n dag of twee staan om te droog en draai elke stukkie in waspapier toe. Die blokkie is heerlik ryk en sag.

BRON: Annelien Pienaar. Sagte lekkergoed klas 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Vrydag, 15 Januarie 2016

CREME CARAMEL (GEBAKTE VLA MET KARAMEL SOUS)

Hierdie nagereg lê my baie na aan die hart. Dit was een nagereg wat vir my altyd as student gefasineer het en eers in ons 3de jaar die geleentheid gekry om te sien hoe ‘n professionele chef die dis maak. Ek het nog altyd ‘n fyn oog gehad om bestaddele te skat. Deel van die uitdaging met die onderliggende teoretiese kennis van die afgelope jare, was om die resep se bestanddele te skat soos ons dit waargeneem het tydens Francois Rautenbach van Georgina’s se demonstrasie. Ek het alles baie fyn waargeneem, niks gemis nie, daar het ek snelskrif klasse sommer baie meer waardeer. 

So, spring ons weg en elkeen by sy stasie. Ek het nie gewyk van ‘n woord wat ek neergeskryf het nie, al het van sy goed verskil van wat die dosent vir ons verduidelik het. Soms is die mense in die praktyk tog beter toegelig met hul praktiese kennis. Daar het ek eerste hands gesien hoe hy die karamel maak sonder om water by te sit. My Creme Karamel was perfek in elke aspek. Dit was sysag, glad, die karamel stropie was genoeg, die vla het sy vorm behou en perfek gebak. Ons was 85 Voedsel en Kleding studente wat vir die kursus ingeskryf was en na die 4 jaar was ons 8 wat klaar gemaak het. Die kursus was taai, harde ure, seer vingers, geen naweke of vroeg slaap. Ons was toe onder die werk maar vandag pluk ons die vrugte van die tawwe kursus! 


Ek bak Francoise se resep gereeld in my gastehuis. Hy het daardie dag nie vir ons die resep gegee nie. Maar in die einde van my 4de jaar toe ek prakties doen by sy restaurant het hy dit vir my gegee, want ek moes dit oor en oor maak. Ek het ‘n vriendin, Vanessa de Beer, en tot vandag toe dink ek aan haar pleidooie as sy kom kuier, dat ek vir haar Creme Caramel maak!


Nou ernstiger sake...Ja, dit is ‘n tegniese dis om te maak...maar raai wat? As jy die stappe in die resep nougeset volg, wel dan is sukes gewaarborg! Die karamel laag kan op twee maniere berei word. Indien jy vertroud is met die smelt van suiker vir suikerkuns, wel dan het jy nie die water nodig om die suiker te laat smelt nie. Opsie nommer twee: voeg die water by as jy 'n beginner is. MOENIE ROER NIE!!! 


Ek onthou so goed wat Francoise gesê het: “Lees eers jou resep noukeurig deur, al dink jy, jy weet alles. Dan voordat jy wil eksperimenteer, maak eers die resep soos wat dit is. Daarna laat waai!” Ek volg hierdie raad as die riglyn van al my eksperimentele gebak. 


RESEP
KARAMEL LAAG
200 g Witsuiker
120 ml Water

METODE

1. Plaas die suiker in ‘n kastrol met die water. Roer goed deur en moenie weer roer nie....soos in glad nie! Jy gaan opeindig met ‘n kristalle gemors van epidermiese proporsies!

2. Hierdie mengsel moet op hoë hitte gemaak word. Dus kook dit so vinnig as moontlik. Lig van tyd tot tyd die kastrol op en dit sodat die mengsel in die rondte draai. Dit is jou enigste manier wat jy mag roer...lig die kastrol en kantel (swirl). Onthou die karamel kan baie maklik brand, dus is dit noodsaaklik dat jy die proses met valk oë dophou.


3. Sodra jy sien dat al die suiker kristalle opgelos is en die kleur van die karamel lig en soos heuning lyk verwyder van hitte en drup dit dan in jou ongesmeerde rammekins.


VLA RESEP

Vul bakkies en plaas in waterbad (Bain marie)
500 ml melk
5 ml vanielje geursel
70 g suiker
2 eiers - groot eiers
2 eiergele - groot eiers

METODE

1. Voorverhit oond na 170 ˚ C en vul ‘n oondpan met water. Plaas jou rammekin bakkies daarbinne en maak seker die watervlak is halfvol. Dus maak jy 'n bain marie tuis...waterbad metode.

2. Verhit die melk en suiker totdat die suiker goed opgelos het. Verwyder van hitte en voeg die geursel by. Indien jy vanilla peule wil gebruik gooi dit by die verhittingsproses van die melk. Laat die melk afkoel tot kamertemperatuur.


3. Klits die eier en eiergele liggies met ‘n vurk. Voeg dit dan by die louwarm melk en meng goed deur. Gooi die mengsel deur ‘n teesiffie. Jy gaan dit so twee keer doen. Jy sal merk dat die siffie effens verstop, spoel die siffie met koue water af en skud die ergste water af en sif voort.


4. Vul die rammekin bakkies met die mengsel tot so 1cm van bo. Plaas in die oond en bak vir 30 minute totdat die vla geset is. Jy kan ‘n toetspennetjie in steek en as dit skoon uitkom is dit gaar. 


5. Haal die rammekins uit die kokende water en laat dit dan baie goed afkoel. Sodra dit afgekoel is, sny net die boonste velletjie versigtig los van die kant. Plaas die bakkies wat nou bedek is met foelie of kleefplastiek in die yskas. Hoe langer (verkieslik oornag) die vla staan hoe meer karamel los op en jou stropie word dus meer! Daardie stropie is werklik die groot geheim wat bydra tot die smaak sensasie van ‘n leeftyd! 

6. Keer die rammekin in ‘n diepbakkie om en laat eers so staan. Sodra jy almal omgekeer het, verwyder die bakkies. Jy kan die vla effens verhit of koud voorsit.


HOEVEELHEID: 1 groot rammekin van 1 liter of 6 - 8 klein rammekins.


BRON: Annelien Pienaar, verwerking van Francoise Rautenbach se resep, www.bosenbergguestfarm.co.za




Donderdag, 14 Januarie 2016

CREME BRULEE

Akkedis Viljoen is een van ons Boerekos met ‘n Twist lede wat baie kundig is op die gebied van kosmaak. Sy woon en werk tans in Engeland en soos ek kon aflei berei sy gereeld feesmale vir die Engelse voor. Verder is sy vir my altyd baie goed gesind as dit kom by die deel van haar puik foto’s! Sy is ook ‘n top fotograaf van formaat. Akkedis noem hierdie ‘n Creme Brulee sonder fieterjasies en ‘n wenner. 

Akkedis: “Ek het hierdie resep gekry by ‘n vriendin wat ‘n restaurant gehad het in St Mawes (Cornwall) en sy was ‘n wonderlike kok. Ek het hierdie resep beproef en maak dit telkemale en vinnig en maklik. Die tekstuur is soos fluweel! Geniet!”.



Gladde tekstuur
RESEP
500 ml Dikroom (double thick, kyk by Woollies)
5 - 6 Eiergele - groot
30 ml Strooisuiker
15 ml Vanielje geursel

METODE

1. Voeg al die bestanddele saam en klop deeglik met ‘n vurk.

2. Dan vir die geheim: sif die spulletjie vir 10 keer tot jy van al die eierwit stringe ontslae is. Die mengsel moet glad wees. Hierdie is die enigste manier hoe die fluweelagtige tekstuur verkry word.


3. Gooi die mengsel in rammekin bakkies en plaas dit in ‘n oondpan. Vul die oondpan dan met kookwater tot die bakkies se halflyn merk. Plaas in oond en bak by 150 ˚ C totdat dit gestol is. 


4. Sprinkel suiker oor die brulee en plaas terug onder die grill van die oond en laat dit karameliseer of gebruik ‘n vlam om die werkie in ‘n japtrap te doen. 


HOEVEELHEID: 6 porsies.


BRON: Akkedis Viljoen, resep en foto, 2016.


Woensdag, 13 Januarie 2016

‘N CHILL PIL OF 'N KAS WYN MET EISH!

Naceema se persent: Soetrissies en Banana chillies!
Ek was lanklaas so bly dat ‘n dag sy end begin kry!

Gisteraand gaan die krag weer af en ek het 8 kg vye en 8 kg appelkoos blatjang wat aan die kook is, en die potte is te swaar om na die ateljee te karwei om op die gas te kook. Sit toe maar ‘n lappie oor die konkoksies en dink toe ek sal môre oggend klaar kook. ‘n Kliënt laat weet sy is môre in die area en vra of ek tamaties wil hê, ja, is my antwoord en ons tref reëlings. So by 23h00 besef ek met ‘n skok toe ek in my dagboek kyk, ek het die volgende dag ‘n radio onderhoud by Pretoria FM! Dink toe by myself ek kan nie nou die mense in die middernagtelike ure pla en kanselleer nie.

Erika en Diane Pretorius se persent aan my.
Vier uur vanoggend staan ek op om gou die notas te druk vir die praatjie, doen die oggend groet en begin die kinders se kospakkies pak. Vyf uur jaag ek die Filistyne uit die bed en sussie lê soos Gertjie die voël verskrikker van haar skool, stok stywe bene, bewegingloos en wille bos hare (waarvan jy nie weet of dit die voorkant of agterkant van die kop is). Ek los haar om nog te slaap. Ek sal die dame maar pla by 06h00 as ons ry. Pak dag klere, borsel en rekkies in haar tas en sal haar aantrek as ek by die skooltjie kom. Dit is terug skooltoe na 6 weke se heerlike Desember vankansie. Goed, die manne kam die hare, ouboet nog nie klaar geskeer, klein boet het sy ouboet se naaskeermiddel beet gekry en jy ruik net “eu-de-too-much die gang vol! Ek skel en oor die nare reuk en ouboet vervies hom vir die “vermorsing” van sy lekker ruik goed. Ek gee die half gekookte vye ‘n kyk en besluit ek sal klaar kook as ek terug is. Al die Filistyne is in die kar, geskenkpakkies vir die klankman en Alet gepak, rekenaar in en daar gaan Piet se trek!

Op die pad skree sussie sy gaan nie skool toe nie! Sy gaan nie haar tee drink nie! Ons is almal lelike mense....Ons ignoreer haar. Draai by Jasmyn plaasprodukte se pad in, op gaan ons met die pad tot by haar plaas skooltjie. Maak haar skaflik en vergete is al die trane. Goed, dit was maklik.

Ry Pretoria toe vir die onderhoud en is betyds. Die verkeer was maklik. Sit in die parkeer area en wil gou net weer deur die nota’s gaan. Ok, ek het die nota’s in die printer vergeet! Gelukkig is die rekenaar in gepak en ek sit toe maar so en werk. Gaan vir die onderhoud en dank Vader alles verloop vlot en my gehue laat my nie in die steek, met die kant nota’s wat nie op die rekenaar is nie! Soos gewoonlik het ons almal in die ateljee heerlik saam gekuier en ek moet groet. Weg trek ek en my blou karretjie om die hele Makro se suiker en asyn op te koop vir die berge vars produkte wat voor my deur afgelaai word. So tussen die betaal deur bel my Indiese vriendin en vra of ek nog green peppers wil hê, wil nie ongeskik wees nie en aanvaar die aanbod en ek beloof om vanmiddag nog die pakkie op te laai.

Appelkoos blatjang
Ek kry vir sussie en ons twee drink ‘n pienk melkskommel by Jasmyn (ter viering van haar 5de verjaardag) se restaurantjie langs die boekwinkel. En natuurlik is sussie weer met ‘n boek daaruit voor ons die melkskommels gaan drink het. Ons koop gou die bestanddele wat kort vir die soetrissie sous en die pasta sous. Ek kan nie wag om tuis te kom en die berg bottels vol te maak nie. 

So met die uitstap, loop ek my vas in tannie Doris van Meerhof skool. Ek vra uit hoe dit gaan en ons praat weer oor die skool se spyskaart wat ek gedoen het en hoe dit met die spesiale dieëte gaan. Ons het baie probleme met die diabete. Meeste van die kinders se ouers is nie vermoënd nie en die een geval wat ons nou al vir meer as twee jaar gespook het, wel sy het geen ouers. Haar boetie en sussie help na haar kyk oor naweke. Die boetie het altyd per taxi gereis vanaf Rustenburg en haar kom haal. Dan eet sy van die kos wat hy koop by Spur waar hy gewerk het. Hy het goed bedoel om haar te probeer help. Maar aai, elke Maandag tot Dinsdag is dit ‘n gesukkel om die kind se suiker af te kry. Sy het kos onder die kaste, haar bed en lessenaar weg gesteek...alles verkeerde goed. So moes almal maar polisieman speel. Dit was ‘n tawwe tyd. Sy het verlede jaar skool verlaat en tannie Doris deel my mee die kind is laat in Desember oorlede wees ongekontrolleerde suiker. My bene wil, wil onder mekaar invou en ek hou krampatig vas aan die trollie om die newels van naar, skok en lighoofdigheid af te weer. Sussie staan salig onbewus van ons gesprek en voer die vissies op die bruggie. Ek kon nie verder praat nie en tannie Dorris totsiens gesê met 'n moewiese knop in die keel en belowe om hierdie jaar meer te kom hallo sê. So versonke in my eie gedagtes ry ek om die twee Filistyne te kry en gaan plaas toe.

Min besef ek my bui is donker...meer ‘n donder wolk. My man vra net: “Is dit veilig om in te kom?” toe hy my hoor rumoer met die seuns wat lui is om die kar uit te laai. Ek het hom een kyk gegee en uitgebars in trane. Die arme man het hom des dinges geskrik oor die tranedal. Hy dink iemand is dood soos ek huil en beduie. Hy maak vir my tee en gee my ‘n soet koekie. Toe ek bedaar vertel ek hom van die kind. Hy ken die omstandighede en net sy kop geskud.

Vye gereed vir die bottel!
Ek het opgestaan en toe weg gespring met die vye, appelkose...die tamaties en peppers is môre se werk...nou wil ek net een berg weg kry. Soos ek werk raak my gemoed rustiger ek dink aan die kind en wonder hoekom ‘n oom of tannie nie kon help nie? Hoekom alles op die ouer kinders afstoot? Nee, soms maak die lewe nie sin nie... Ek draai elke warm botteltjie vye sorgvuldig toe, draai dit op sy kop en begin met die nuwe een. Dit ritmiese werk, die eentonigheid van die inskep en toe draai, bring nog meer kalmte in my siel, trane vloei nie meer nie, net ‘n stille gebed dat haar siel in vrede mag rus.

My werk vir die aand is klaar. Die lamsblad in die slowcooker is reg, cous-cous slaai en mengselslaai is klaar gemaak, want Pappie het gesien dat selfs chill pille en wyn die situasie mag verger en toe maar ingespring en die mengelslaai klaar gemaak!

Alles in eendag...soms wonder ek of die duiwel my toets as ek my voete van die plaas af sit! Maar buig die knie vir hom, nooit!

Groete Annelien!

MARGERETHA SE GEBOTTELDE GROEN TAMATIES

Elba Groenewalt, ook ‘n lid van Boerekos met ‘n Twist op FB, het hierdie wonderlike resep vir my gestuur! Baie dankie ek het lekker gewerk met die maak van hierdie resep. Die tamaties word basies eers droog gesout vir 12 ure en daarna gepekel. Waarna dit in olie verder preserveer word.

“Hierdie resep kom reg uit Italië, wat een van my Italiaanse kliënte vir my gegee het. Ek het agter gekom die Grieke, Lebanese en Italianers is baie gasvry. Hulle wil mens altyd voer. En kan hul lekker kos maak.” Elba Groenewalt, 2015.


RESEP
Groen tamaties gesny in ½ cm skywe
Wit asyn (60%) bv. 600 ml asyn
Water (40%) bv. 400 ml water
Knoffel
Origanum
Pietersielie
Growwe sout
Peper 
Sonneblom olie

METODE

1. Gooi growwe sout oor tamaties om water uit te trek. Laat lê vir 12 ure.

2. Meng asyn en water na smaak. Ek hou van rapsie meer suur. Laat tamaties weer 12 ure daarin lê.


3. Haal tamaties uit asyn-water en druk goed droog.


4. Maak lae in bottel eers tamaties dan knoffel, origanum, pietersielie en peper. Jy kan n rissie bysit as jy wil. So 3 lae van kruie is genoeg. Maak bottel goed vol deur tamaties vas te druk in bottel.


5. Gooi kookolie in die bottel en haal lugborrels deeglik uit.


6. Laat tenminste ‘n maand staan vir geure om deur te trek. Hou in die yskas.


7. Dis onnodig om olyfolie te gebruik die kombinasie in bottel is heerlik. Saam brood of vleis kies maar wat vir jou die lekkerste is.


BRON: Elba Groenewalt, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za

Dinsdag, 12 Januarie 2016

SOETRISSIE EN PYNAPPEL SLAAISOUS

Baie, baie dankie Ancoise Venter van LuCoffee shop in Luckhoff. Die dame mag maar kos maak, koekbak en jou heerlik bederf. As jy ooit die geleentheid kry om deur Luckhoff te ry, moet jy by LuCoffee shop stop. Hierdie slaaisous van haar kan met gemak gebottel word en op die rak gehou word vir ‘n geruime tyd. Maak seker jou sterilisasie is gedoen van jou bottels om te verseker dat die produk lank sal hou.

Ek dink dat hierdie slaaisousie nie net tot slaai beperk is nie. Ek het dit vanmiddag saam met 'n kaasbord en beskuitjies bedien, wat ongelooflik heerlik was. Wat van 'n marinade omdat dit reeds die pynappel en ook olie in het vir vark en hoender? Kyk ek dink hierdie gaan die wonder sous van die eeu word!


RESEP
1 liter Sonneblom olie
2 liter Wit asyn
500 ml Water
1 kg Soetrissies - fyngekap 
2 kg Pynappel - fyngekap
2 kg Uie - fyn gekap
2 kg Suiker 
100 ml Sout 
25 ml Peper 
50 ml Gemmer - fyn 
15 ml Cayenne peper
200 ml Maizena aangemaak met 1 k water 

METODE

1. Voeg al die bestanddele saam behalwe die maizena (mielieblom) en kook die mengsel terwyl jy gereeld roer eers oor lae hitte totdat al die suiker opgelos het. 

2. Sodra die suiker opgelos is kook oor vinnige hitte vir ongeveer 15 - 20 minute. Voeg die aangemaakte maizena by die kokende mengsel en kook weer vir 10 - 15 minute totdat die mengsel verdik het.


3. Skep die warm mengsel in skoon en warm gesteriliseerde flesse en draai baie dig toe. Draai die bottel op sy kop en laat so afkoel. Hou ongeveer 6 maande tot 12 maande in donker kas.


HOEVEELHEID: Ongeveer 7 liter, die resep kan met gemak halveer word.


BRON: Ancoise Venter van LaLu Koffiehuis te Luckhoff, getoets deur Annelien Pienaar, 2015.




Maandag, 11 Januarie 2016

MA SE KERRIEBONE

Ek kan nie vir julle vertel hoeveel groenbone my Ma se hande verwerk het in haar lewe! Ons het so ‘n oulike boontjie kerwer van Pineware, so ‘n groene, wat ons male sonder tal moes draai. Vandag is dit ‘n antieke stukkie mooi in my kombuis vir uitstal doeleindes. Maar ja, sy werk nog!

Ons het dit saam met kerrie en rys, vetkoek en maalvleis, kook kos, noem dit en die kerriebone was uitgehaal!



Honderde kg se bone al gewerk!
RESEP
2 kg Groenbone - nie langer as 2 cm gekerf
1 kg Uie - grof gekap
30 g Knoffel
750 ml Asyn
600 g Suiker
3 e Kerrie poeier
3 e Maizena
1 e Borrie
3 e Mosterd poeier

METODE

1. Kook die bone en uie tot sag in ‘n bietjie water.

2. Voeg asyn en suiker by bone en kook oor matige hitte totdat al die suiker opgelos het, ongeveer 10 minute lank.


3. Maak die kerrie, maizena, borrie en mosterdpoeier aan met genoeg water om ‘n pasta te maak. Voeg by die kokende mengsel en kook weer vir 10 minute. Bottel die bone dadelik in warm gesteriliseerde flesse.


HOEVEELHEID: Ongeveer 3 kg.


BRON: Hantie Bezuidenhout verwerk deur Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za




Saterdag, 09 Januarie 2016

STEAK SLAAI

Heerlike gesonde slaai! Ons eet baie min stysel saam met ons groente en vleis al vir jare. Dus vir diegene wat die koolhidrate moet dop hou of gluten vry moet leef...hierdie een is net vir jou! Vir die Koolhidrate moet die slaaisous met oordeel gebruik word.

RESEP
1 kg Steak
4 e Olyfolie
1 e Koljander saad, geskroei en gemaal
1 t Sout
1 t Peper
1 t Roosmaryn - gedroog
1 e Knoffel - fyn gedruk

METODE

1. Vryf die vleis goed in met die olyfolie en laat vir 'n uur of oornag om sag te word. 

2. Vryf net voor gaarmaak die res van die bestanddele in en maak medium gaar.


3. Laat die vleis ongeveer 5 minute rus voordat dit gesny word sodat die vleis sappe behoue kan bly. 


SLAAI

500 g Kersie tamaties
½ Slaaikop
1 Medium ui - in ringe gesny
100 ml Neute van keuse gekap
2 Feta kaas ringe
½ k Boontjie spruite van keuse

METODE

1. Pak die slaai vooraf op borde uit soos jy daarvan sal hou. 

SOUS

1 k Karringmelk of gewone yoghurt
½ k Avokadopeer - fyn gemash
100 ml Room
100 ml Mayonnasie
Sout en peper na smaak

METODE

1. Meng al die bestanddele van die sous saam en bedien apart saam met slaai.

HOEVEELHEID: 4 porsies.


BRON: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za



Vrydag, 08 Januarie 2016

GRAAN VRYE MURGPAMPOENTJIE FALAFEL

Wat is Falalfel. Dit is ‘n vegetariese frikkadel wat gemaak word van kekerertjies (chickpeas) en dan in diepvet gebraai word. Dit is ‘n gereg vanuit die Midde ooste. Word saam met pitabrood en tahini bedien. Tahini is ‘n puree van sesame saad en dit word weer as basis vir Hummus gebruik. 

Hierdie dis is geskik vir diegene wat op die Paleo dieëet is, gluten vry en vegetaries leef. In hierdie resep het jy paar vasiasies wat toegepas kan word. As ons na die amandel meel in die resep kyk bring dit die koolhidrate af, maar kan ook vervang word met kekerertjie meel om die proteine van die dis te verhoog. Verder kan die murgpampoentjie met goed soos eiervrug, aartappel, boontjie spruite en vele meer groente vervang word.


RESEP
¾ k Amandel meel of kekerertjie meel 
½ Ui - medium - fyn gekap
1 k Murgpampoentjie - gerasper met skil (eiervrug kan ook gebruik word)
2 Knoffel toontjies - fyn gekap
½ t Pietersielie - gedroog
1 e Cilantro - gedroog (koljander blare)
1 t Bakpoeier
½ t Komyn - gemaal (cumin)
½ t Rooi peper
2 t Koljander - gemaal
½ t Sout
¼ t Peper
3 e Olyfolie

METODE

1. Plaas al die bestanddele (behalwe die olyfolie) in ‘n voedsel verwerker en maak dit fyn tot  ‘n gladde puree.

2. Vorm die mengsel in frikkadel grootte balletjies van jou keuse. Jy kan ook die balletjies plat druk om “patties” te maak. Plaas die balletjies op ‘n verkoelde bakplaat en laat dit dan in die yskas set vir ongeveer ‘n uur. Hier kan jy ook besluit om dit te vries en te gebruik soos nodig.


3. Voor verhit ‘n pan en voeg die olyf olie in die warm pan, en braai die falafel vir 3 minute aan beide kante vir “patties” of 6 minute as dit balletjies is. Indien jy olie vry wil gaan kan die falafel in die oond gebak word vir 20 minute en draai op 10 minute by 200 ˚ C .


HOEVEELHEID: 6 patties of frikkadelle


BRON: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, 2016




Sondag, 03 Januarie 2016

BOONTJIE EN SAAD SPRUITE - MAAK JOU EIE!

Ek het dit goed gedink om eers vir julle ‘n volledige les uit te werk oor die gesondheidsvoordele van grane en sade wat ons self ontkiem. Verder het ek ook die vakkundige terme tussen hakkies gesit met die engelse benaming indien julle verder wil oplees. Wat wonderlik is van die projek...jy kan dit enige plek doen, jy het nie baie spasie nodig nie en jy kan ‘n verskeidenheid spruite op ‘n slag maak en ‘n konstante voorraad hê.

Studies toon dat sade en grane wat geëet word wat vooraf ontkiem het, meer voordelig is vir jou gesondheid. Ek gebruik baie min deesdae blaarslaai in my slaaie, toebroodjies vir die kinders, en vervang dit deur Alfafa saad spruite asook fyner tipes sade. Dus, sommer 'n Vitamiene booster soos min.

WAT IS DIE VOORDELE DAARAAN VERBONDE OM HIERDIE SPRUITE TE EET?
1. “Phytic Acid” is ‘n suur wat aan die buitekante van sade, peule, neute en sommige groentes voorkom. Dit is ‘n natuurlike meganisme wat swamme en bakterië verhoed om dit aan te val in die natuur. Die lagie bestaan hoofsaaklik uit Fosfor. Ongelukkig voorkom dit goeie nutriente om vrygestel te word as jy die rou formaat eet. Sodra die sade bv ontkiem, los die suur op en word nutriente vrygestel en in meeste gevalle verdubbel die nutrient waarde draties.

2. Die ontkiemde saad verhoog nutrient absorpsie asook die verhoging van seker vitamiene en menerale. In ontkiemde sade is die volgende nutriente baie hoog: Vit C (sterk antioksidant), Vit B groep (voed die brein en sentrale senuwee stelsel, Yster (help om suurstof in die bloed te bind om goeie sirkulasie tot gevolg te hê, Magnesium (goeie slaap patrone), Sink (beskerm die prostaat teen kanker), Vit E (vel en brein), Vit A (sig en vel, antioksidant), veroorsaak ook dat aminosure (wat die bou blokke vir proteine) maklik absorbeer word, asook glukose.

3. Die spruite verbeter vertering word. Mense met IBS kan maklik inflimasie kry as hulle die rou produk eet. In die ontkiemde vorm word voordelige ensieme vrygesel wat vir die lyer makliker verteerbaar is. Dit help dus ook die voordelige flora in die maag en derms aan. Sodoende dan komplekse suikers en stysels makliker af te breek. Dus ook vir die Leakygut, diabete en insulien weerstandige mense tot groot voordeel.

4. In grane wat hoog is in gluten, word die gluten drasties verlaag en maak dit die protein dus baie meer verteerbaar wanneer dit in die ontkiemde vorm geëet word.

5. Verhoog vesel inhoud en word ook meer verteerbaar.

6. Die hele week (hidrasie) en ontkiemings proses verlaag allergene wat algemeen in grane gevind word.

7. Verhoog en ensieme en antioksidante wat tot voordeel van die liggaam is.

MAAK JOU EIE SPRUITE
JY BENODIG
1 x 1 liter Consol glasbottel (gesteriliseer)
1 x Skroefring sonder deksel
¼ k Sade
1 k Water
Stukkie gaas (kaasdoek, melkdoek, net, metaal gaas, j-cloth ens)

Indien jy nie ‘n skroefring bottel (gesteriliseer) het nie, kan jy ‘n gewone glas bottel gebruik en die lappie net vastrek met ‘n rekkie.


STAP 1 - WEKING
Links: Stap 1 - Middel: Stap 2 - Regs: Voltooide produk
A. Gebruik neute, grane, sade of peulgroente wat nie gerooster, blansjeer of met gif behandel is nie. Dus die sade wat jy sou koop by die Kwekery...is nie geskik vir eet nie. Die sade wat ek voorstel om te gebruik is die wat jy by jou bakkerswinkel sou koop. Die beste reeks wat ek tee gekom het om te gebruik is: Natures Choice. Die doel van die weking (hidrasie) is twee ledig. Om toksiene van die buite laag te verwyder en ook om die saad sag te kry vir die ontkiemings fase.

B. Plaas die roumateriaal van jou keuse in die bottel met water en meng goed. Plaas die skroefring met die lappie op. Laat die bottel ongestoor vir 5 - 48 uur (sien die Wekings en Ontkiemings tabel vir die saad wat jy kies onder aan dokument).

C. Indien die saad langer as 12 ure moet ontkiem, spoel dit goed af en sit weer water by en laat om te staan. Hierdie proses moet elke 12 ure gedoen word. Jy sal merk dat die sade mooi vet begin word en dit is wat ons wil hê. Die afspoel is baie belangrik sodat alle bakteriee en giste afgespoel word wat die produk kan laat sleg word.

D. Sodra die sade die verlangde tyd deurgaan het, spoel weer deeglik af voordat die ontkieming gedoen word.

E. Was en steriliseer die toerusting voordat jy dit weer gebruik vir die volgende stap. Lappie, bottel en skroefring.

STAP 2 - ONTKIEMING VAN SADE 

A. Tydens hierdie proses het ek gevind ‘n waterkannetjie met ‘n sproeikop werk die beste om die sade klam te hou. Skaf dus een aan. Gebruik die fynste sproei-mis moontlik.

B. Plaas die sade terug in die glasbotteltjie wat droog is en sproei so 10 spuite met ‘n fyn mis. Laat die saadjies dan onderste bo gestut teen iets, staan. Moenie dat die saadjies in kontak kom met direkte sonlig nie.

C. In warmer weer spuit ek 4 keer per dag vir die verlangde tyd volgens die tabel.

d. Sodra die spruite die verlangde tyd deur gegaan het, spoel weer af en plaas in ‘n skoon striele glas botteltjie wat effens toe geskroef is. Hou in die yskas vir 7 dae.

WEKING EN ONTKIEMINGS TABEL 
NEUTE
Amandels: 2 - 12 ure week - 2 - 3 dae ontkiem
Alternatief vir met rekkies om die nekkies
Okkerneute (Walnuts): 4 ure week - kan nie ontkiem
Braziliaanse nuete: 3 ure week - kan nie ontkiem
Cashews: 2 - 3 ure week - kan nie ontkiem
Hazelnuts: 8 ure week - kan nie ontkiem
Macadamia: 2 ure week - kan nie ontkiem
Pekans: 6 ure week - kan nie ontkiem
Pistasio: 8 ure week - kan nie ontkiem

PEULSADE
Chickpeas (Kekerertjies): 8 - 12 ure week - 2 - 3 ontkieming
Lensies: 8 ure week - 2 - 3 ontkieming
Adzuki bone: 8 ure week - 2 - 3 ontkieming
Black Beans: 8 - 12 ure week - 2 - 3 ontkieming
White Beans: 8 ure week - 2 - 3 ontkieming
Mung Beans: 24 ure week - 2 - 5 dae ontkieming (my gunsteling)
Kidney Beans: 8 - 12 ure week - 5 - 7 dae ontkieming
Navy Beans: 9 - 12 ure week - 2 - 3 dae ontkieming
Ertjies: 9 - 12 ure week - 2 - 3 dae ontkiem

GRANE
Buckwheat grane: 30 min - 6 ure week - 2 - 3 dae ontkiem
Amaranth grane: 8 ure week - 2 - 3 dae ontkiem
Kamut: 7 ure week - 2 - 3 dae ontkiem
Millet: 8 ure week - 2 - 3 dae ontkiem
Quinoa: 4 ure week - 1 - 3 dae ontkiem
Wheat Berries (perelgort en koring): 7 ure week - 3 - 4 dae ontkiem
Wilde rys: 9 ure week - 3 - 5 dae ontkiem
Swart rys: 9 ure week - 3 - 5 dae ontkiem

SADE
Radys saad: 8 - 12 ure week - 3 - 4 dae ontkiem
Alfalfa saad: 12 ure week - 3 - 5 dae ontkiem (my gunsteling)
Pampoen saad: 8 ure week - 1 - 2 dae ontkiem
Sesam saad: 8 ure week - 1 - 2 dae ontkiem
Sonneblom saad: 8 ure week - 2 - 3 dae ontkiem
Mosterdsaadjies: 12 ure week - 3 - 5 dae ontkiem
Fenugreek: 12 ure week - 3 - 5 dae ontkiem (baie goed in melkproduksie vir borsvoeding, gewigsverlies, lees bietjie op oor dit!)

EKSTRA KLEIN SADE
Hierdie sade is bitter klein en fyn, dit het ‘n lagie om dit wat geneig is om dit jellierig en klouerig te maak. Daarom groei ons hulle effens anders as die voorafgaande sade. Voorbeelde is: Chai, Hemp en Flaxseeds (Rou lynsaad), hier volg die proses:

PROSES
1. Gebruik ‘n bakkie wat platterig is om die dreinering en uitskep makliker te maak. Vul die bordjie of bakkie met bietjie water. Voeg 2 t sade by. Laat dit vir 15 minute week. Dreineer deur die vog en die sade deur ‘n tee siffie te gooi. Spoel die sade weer goed met water af om die taaiheid af te spoel.

2. Sprei dan die sade weer in dieselfde houertjie sodat dit nie aan mekaar raak nie. Dit het spasie nodig om uit te sit en te groei. Bedek met kleefplastiek of deksel. Laat dit in ‘n sonnige gedeelte staan, maar nie in die son nie. Net goed belig.

3. Hou die sade klam vir 3 - 7 dae en spoel dit die eerste twee dae gereeld. As die stammetjies begin uitkom, stop die wassery tot op die einde. Op ‘n lengte van ongeveer 2 - 3 cm is die sade gereed vir eet.

FOUTE WAT KAN INSLUIP

1. SADE ONTKIEM NIE
 Die sade wat jy gekoop het, was heel moontlik bestraal, oud of gesteriliseer.

2. DIE SADE IS SLYMERIG
Jy het nie genoeg tussen die dae gespoel om die toksiene op die buitenste lagie af te was. Die houer waarin jy werk is nie skoon genoeg gewees. Die werks toerusting moet gestriliseer wees.

BRON: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za